Sweepslae vir mans met sebravleis

sebra

Argieffoto (Foto: yolanda, Pixabay)

Twee mans van Botswana is gevonnis om elk drie houe met ʼn sweep te ontvang en hulle moet elk ʼn boete van 1 500 Pula (ongeveer R1 800) betaal vir die onwettige besit van sebravleis, het die amptelike Daily News Donderdag berig.

Isaiah Kangura en Monei Tukamone van Etsha 1, naby Maun, is met die vleis betrap wat vermoedelik bekom is nadat ʼn sebra sonder ʼn lisensie doodgemaak is. Die Gumare-hof het gehoor die Natuurlewewet is as ʼn gevolg oortree.

Die twee moet die boete voor 15 April betaal, anders sal hulle tot ses maande tronkstraf moet uitdien.

Landdros Mmoloki Sibanda het gesê hy is besorg oor die toename in wild wat in die Okavango doodgemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

KarooKlong ·

Dit is so min dat jy hoor van wilddiefstal in Botswana. Wens ons wetmakers wil gaan vakansie hou in Botswana en paar tips kry.

Peet Schabort ·

Streepsuiker.
So hulle het nou ook strepe.
Ons kan daar gaan leer van straf.

KAG ·

Daarsy! Hoekom is Botswana een van die veiligste Afrika lande?? Hulle het nog die doodstraf en kwaai strawwe vir diefstal ens. Maar nou ja…….sal nooit hier in sonnige SA so goed werk nie….

Drieks ·

Die botswana eet donkie vleis en kan ek dink zebra sal ook vir hul heerlik wees. Bostwana het nie ” Malema en kie” daar toegelaat nie, en Namibia het. Nou sit Namibia met plaas aanvalle. Wys net wat ‘n land met wette vermag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.