Twee tieners van Rusland het iemand se sitkamer in ʼn swembad verander om bietjie af te koel ná ʼn hittegolf Moskou getref het.
Die tieners het foto’s van hulself op sosialemedia-netwerke versprei. Volgens die Moscow Times is die “swembad” gemaak deur ʼn seil te span en word met kleefband in plek gehou.
Die temperatuur het vandeesweek tot meer as 30°C gestyg.
Dit is nie duidelik hoe hulle die water uit die sitkamer gaan dreineer en of die eienaar van die huis toestemming gegee het nie.
Ag te lekker. My kinders het in ons afwesigheid die balkon gebruik en n seil gespan. Weer met die tuinslang uigesuig. Ek het hul gade geslaan, en dit was seer.
30°C? Is dit ‘n hittegolf volgens Russiese standaarde? Dan wil ek regtig nie hul winters beleef nie en ek is seker hulle wil nie ons somers beleef nie.
Swem Jannie, Swem. 30 c beslis nie warm nie.