Swemmer vra om verskoning oor dronkbestuur

Michael Phelps Foto: thrivesports.com

Michael Phelps Foto: thrivesports.com

Die Olimpiese kampioenswemmer Michael Phelps het op Facebook om verskoning gevra nadat hy vir dronkbestuur in hegtenis geneem is.

Phelps (29) is Dinsdag omstreeks 01:40 in Maryland in Amerika afgetrek nadat hy teen 84 myl per uur (135 km/h) in ʼn 45 myl per uur (72 km/h)-sone gery het en nie nugterheidstoetse op die toneel kon slaag nie. Hy het glo ook dubbelbane op die snelweg met sy wit Land Rover oorgesteek, berig CBS Local.

“Ek besef die erns van my oortreding en aanvaar volle verantwoordelikheid,” het hy op sy Facebook-blad gesê (sien plasing hieronder). “Ek besef hierdie woorde beteken nie nou baie nie, maar ek is regtig baie jammer vir enigiemand wat ek teleurgestel het.”

Phelps is die mees bekroonde swemmer in die wêreld en het al 22 Olimpiese medaljes ingepalm. Hy hou ook die wêreldrekord in verskeie items. Klik hier om meer oor sy prestasies te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pietsnot ·

Hy’t nie dubbelbane oorgesteek nie; dit was dubbellyne.
Komaan manne; lees daai facebookinskrywing behoorlik voor julle die berig plaas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.