Swemmers dood toe piranhas toesak

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Peter Burdon/Unsplash)

Vier swemmers is in afsonderlike voorvalle reg oor Paraguay dood nadat hulle oënskynlik deur piranhas aangeval is. Nog 20 mense is sedert Nuwejaar ook deur hierdie vleisvretende visse aangeval.

Die eerste slagoffers is op 2 Januarie gevind met dele van sy liggaam wat deur piranhas afgeskeur is, berig die Daily Mail.

Volgens plaaslike owerhede was die 22-jarige man besig om in die Paraguay-rivier te swem toe hy skielik onder die water verdwyn het. Net 45 minute nadat sy familie hulp ontbied het, is sy verskeurde liggaam gevind.

Die tweede aanval het verlede week in dieselfde rivier plaasgevind.

ʼn 49-jarige man se liggaam is in die rivier aangetref net ure nadat hy as vermis aangemeld is.

Hy het verskeie bytmerke aan sy gesig opgedoen, maar owerhede meen dat die man aan ʼn hartaanval dood is voordat die piranhas hom aangeval het.

Nog twee mense is verlede week dood in die Tebicuary-rivier aangetref – albei met ʼn aantal piranha-byte op hul liggaam.

Minstens 20 mense het intussen beweer dat hulle ook deur piranhas, in onder meer die Parana-rivier, aangeval is.

In een van hierdie voorvalle is ʼn man se groottoon deur ʼn piranha afgebyt, terwyl ʼn stuk van sy seun se hakskeen deur ʼn ander piranha afgeskeur is.

Die regering het sedert die reeks aanvalle inwoners gemaan om riviere met drywende plante te vermy. Dit is hier waar piranhas dikwels oor hul eiers waak.

Warm weer oorsaak van aanvalle

Volgens plaaslike mediaberigte vind aanvalle soos dié veral tydens die somermaande plaas. Dit is glo wanneer piranhas nader aan rivieroewers beweeg om hul eiers te lê.

Julio Caply, ʼn Argentynse bioloog, het aan die Daily Mail vertel hoewel daar agt spesies piranhas in Paraguay voorkom, daar slegs twee spesies is wat verantwoordelik is vir dié soort aanvalle – die serrasalmus marginatus en serrasalmus maculatus.

Volgens die bioloog kom hierdie moordvisse hoofsaaklik in die Parana- en Paraguay-rivier voor. Hulle is ook geneig om onder drywende plante weg te kruip, waarvandaan hulle uitstorm om slagoffers aan te val.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

JohanCzu ·

In Suid Afrika word 60 moorde per dag gepleeg. Dis mos nou verskriklik, of nie?

Harley Davidson ·

Dan moet daar ‘n paar ingevoer word om die rivier skoon te hou.

Janee ·

Daars erger dinge wat daarin ronddryf…daarvan is ek oortuig!!

Marius ·

Dit is vreemd dat die mense wat daar woon in die gevaarlike riviere swem. Dit is soos om in die wildtuin tussen die krokodille te gaan swem. Jy gaan verseker jou moses teëkom.

JohanCzu ·

Eintlik is dit maar net die media wat ‘n lekker storie gekort het. Die visse val nie mense aan nie, maar sal wel aan ‘n lyk vreet, nes kreef ook maar doen.

JohanCzu ·

Mense dink nie dis vreesaanjaend om in die see met al daai haaie te swem nie.

JohanR ·

Ons het al jare piranhas in SA. Dink hulle word ANC piranhas genoem!

Tanniepetoors ·

Nog net nie die naam gekry nie. Skerp JohanR. Baie skerp. Veral aangesien die vissies agv, kom ons noem dit “hervestiging en ondertrou” ontstaan het.

Frank John ·

Dankie tog, het nooit leer swem nie sal nie daar swem nie

Miskruier ·

Verlede week is n jong vrou in Limpopo deur n krokodil gedood na sy gaan bad het, sommige vat ongelooflike kanse met die natuur.

Suzette ·

Weet hierdie mense dan nie dat daar piranhas in die rivier is nie?

JohanCzu ·

Hulle weet. Maar anders as die wie sensasie soek weet hulle ook die vissies maak nie mense dood nie.

Johan ·

Seker maar n gevolg van mense wat in habitat begin inbeweeg.

JohanCzu ·

Die pirañas het niemand doodgemaak nie. Hulle het aan lyke van verdrinktes gevreet. Ek woon 300 meter van die Paranarivier af. Hier swem duisende mense en dis baie veiliger as die see.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.