Swewende voetbrug wonderskoon, moet net nie afkyk …

‘n Lugfoto van die 516 Arouca-brug in Portugal. (Foto: Carlos Costa/AFP)

Die plaaslike burgemeester hoop toeriste gaan daarheen stroom, maar moet liefs nie die wêreld se langste swewende voetbrug aandurf as jy nie ʼn groot aanhanger van hoogtes is nie.

Die brug in die noorde van Portugal open Sondag amptelik. Dit hang aan staalkabels tussen V-vormige betontorings en strek 516 meter lank, op ʼn hoogte van 175 meter, oor ʼn canyon.

Voor môre se amptelike openingseremonie is mense van die nabygeleë dorp Arouca toegelaat om oor die megastruktuur se deurskynende metaalplate te stap.

Rui Brandao sê hy het probeer om maar nie af te kyk nie. “Ek sal mense beslis aanraai om te kom, selfs al het jy hoogtevrees soos ek,” sê hy.

Hy sê hy het kwalik agtergekom hoe hoog dit is.

“Die inhuldiging is belangrik want dit gaan ons in staat stel om ons toerismebedrywighede te hervat,” sê Margarida Belem, burgemeester van Arouca.

Die brug word beskou as ʼn groot trekpleister vir die gebied.

Dit is “516 Arouca” gedoop en steek die diep Paivarivier-kloof oor. Daar is reeds houtpaadjies van sowat agt kilometer oor die kloof gespan.

Arouca 516 oortref die rekord vir die langste swewende voetgangerbrug wat sedert 2017 deur die Charles Kuonen-brug in Randa in die Switserse Alpe gehou is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mariana ·

O my aarde, nee dankie, nie so waaghalsig nie. Sal my in veiligheidsharnas moet sit en iewers moet anker.

Corne123 ·

Baie baie mooi sal dit graag wil doen so mooi om die mooi ook te kan sien

Karina ·

Ek hoop die Portugese geniet die brug. Maar nie vir my nie dankie baie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.