Switserland-skietery was glo huishoudelike geweld

Polisie in Switserland (Argieffoto)

Polisie in Switserland (Argieffoto)

Die polisie in Switserland het bevestig dat vyf persone Saterdagaand in ʼn skietery in Würenlingen in Switserland dood is.

“Die slagoffers is op twee verskillende plekke in dieselfde buurt gevind,” het Markus Gisin, hoof van die Aargau-polisie, Sondag aan verslaggewers gesê. Maroela Media het vroeër berig minstens vier mense is dood in die skietery.

ʼn 36-jarige man het homself geskiet nadat hy die vier moorde gepleeg het. Volgens die polisie het die man sy pa (58), skoonma (57), swaer (32) en ʼn 46-jarige man ná ʼn stryery doodgeskiet. Die 46-jarige man se verbintenis aan die misdaadtoneel moet nog bepaal word.

Die 36-jarige man, ʼn pa van drie, het nie saam met sy vrou en kinders gebly nie en het nie ʼn vuurwapenlisensie gehad nie.

Die polisie is ontbied nadat bure skote gehoor het. Die dorp, sowat 30 km noordwes van Zürich, het ongeveer 4 500 inwoners.

Dit is nie die eerste keer dat só iets die dorp tref nie. ʼn Eiendomsagent het in 1985 sy meisie se skelmpie en twee prostitute vermoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.