Switserse vragskip deur seerowers aangeval; 12 ontvoer

MV Glarus (Foto: Massoel Shipping)

ʼn Switserse maatskappy het gesê een van sy vragskepe is deur seerowers naby Nigerië se kuslyn aangeval en 12 van sy 19 bemanningslede is ontvoer.

Massoel Shipping, gebaseer in Genève, het gesê die MV Glarus is vroeg Saterdag aangeval toe dit op pad was van Lagos na Port Harcourt met ʼn vrag koring. Die maatskappy het Sondag in ʼn verklaring gesê die seerowers het die skip met lang lere betree en lemmetjiesdraad op die dek afgeknip om by die brug van die skip uit te kom.

Die seerowers het die skip se kommunikasietoerusting grootliks verwoes en met 12 van die bemanningslede die skip verlaat. Die stuurman en beamptes wat op die skip oorgebly het, werk nou hard om hul kollegas se “vinnige en veilige vrylating” te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nellia ·

Switserland is n neutrale land.
M.a.w daar mag nooit enige vorm van terrorisme en tereur in Switserland of
enige swiss verwante instansies plaasvind.
Dit sal intresant wees om te sien hoe Switserland hierdie situasie gaan hanteer.

HPV ·

Dit is ongelooflik dat met moderne wapens, aanvalstuie en weermagte seerowery nog geduld word. Roei die gemors uit!

Wikus ·

Menseregte my tjom, menseregte. Europeërs veral, het hulself heeltemal ontman met hulle oordrewe liefde vir alle mense. Hulle dink jy kan alles regpraat. Party dinge moet egter reg geskiet word. Maar dit sal hulle nooit doen nie.

Piet Snot ·

Lemmetjiesdraad beteken hulle het geweet vd gevaar. Sommige Europese lande verbied egter inderdaad gewapende wagte op skepe wat hul vlae gebruik.
Die skeepseienaars is egter die eintlike sondaars: spaar eerder geld deur nie veiligheidspersoneel aan te stel nie.

Cherokee ·

Seerowery het gemoderniseer. ‘n Ligte seerower-boot is al gevind naby die Seychelles wat meer as ‘n duisend kilometer is vanaf Afrika. Dit beteken opgeleide seevaartkunde. Ek het ‘n seestorm ervaar in die Mosambiek kanaal en besef dat dit nie die kinderboeke se seilskepe en seerowers met sabels en een houtbeen is waarvan hier gepraat word nie. Hulle is opgeleide matrose met gesofistikeerde toerusting.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.