Sy rand hom glo aan oor hy in slaap praat

handcuffs‘n Vrou van die deelstaat Montana in die VSA is in hegtenis geneem nadat sy glo haar kêrel aangerand het oor hy slegte dinge van haar in sy slaap gesê het.

Die polisie het aan die Bozeman Daily Chronicle gesê dat die 24-jarige Sara Ann Bade in die hof verskyn het op aanklag van aanranding met ‘n vuurwapen. Die kêrel het aan die polisie gesê dat hulle geslaap het en hy wakker geword het met Bade wat hom skop.

Sy het glo aan hom gesê dat hy lelike dinge van haar in sy slaap gesê het. Volgens die kêrel het Bade ook sy motor se band stukkend geskiet en die windskerm stukkend geslaan. Bade beweer egter dat hulle ‘n uitval gehad het en dat hy haar geslaan het en nie die huis wou verlaat toe sy hom versoek het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jasper ·

Ha ha. Wat die hart van vol is, loop die mond van oor. Kry vir jou katvis. Dalk minder aaptwak rook.

Elizabeth ·

@Jasper, ja-nee – anders gestel: die tong is ‘n klein vuurtjie wat ‘n wêreld van ongeregtigheid aan die brand kan steek. In hierdie geval het die tong gemaak dat die kêrel behoorlik lesopsê! Ek verstaan nie hoe slaap mense saam in een bed as hulle mekaar nog laas aangerand het of baklei het – dan moet een maar liefs die rusbank opsoek vir die nag of dalk die kar se agtersitplek!

Shannon ·

Eish ! Ek reken sy mevrou het die prewel monoloog uit konteks gehaal. Maar dan ook weer .. dalk was hy nog nie klaar nie, en dan kon dit erger gewees het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.