Sy vier 86ste verjaarsdag met 86ste agterkleinkind

Marie Frey (86) en haar 86ste agterkleinkind Foto: The Courier

Marie Frey (86) en haar 86ste agterkleinkind Foto: The Courier

As jy dink jy het te veel kleinkinders en agterkleinkinders se verjaarsdae om te onthou, kan jy jouself net indink hoe Marie Frei voel!

Sy het verlede maand haar 86ste verjaarsdag gevier en haar jongste agterkleinkind, wat net ʼn paar dae tevore gebore is, ontmoet.

Dit is Marie, van Ohio in Amerika, se 86ste biologiese agterkleinkind.

Marie is in 1949 met Gerald getroud en hulle het uiteindelik 15 kinders gehad – 10 dogters en vyf seuns. Marie het ook 68 kleinkinders en ses stiefkleinkinders. Sy het ook nege stiefagterkleinkinders. Daar is glo nog twee agterkleinkinders op pad. Hulle is soms tot 155 mense tydens ʼn Kersfees-familiegeselligheid.

“Ek ken nie eintlik enigiets anders buiten familie nie,” het Marie aan haar plaaslike koerant, The Courier, gesê. “Geloof is waarskynlik die enigste ding wat mens dra.”

ʼn Egpaar in Illinois het verlede jaar hul 100ste kleinkind verwelkom.

Lees meer: The Courier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Cherokee ·

Is oorlat ons nie so voorúit boer wat ons die minste is in die land.

Wern ·

Jy is heeltemal reg. Ons families word net kleiner en kleiner.

Tong innie kies ·

Dit wil vir my al so voorkom of ons Nr 1 dalk daar naby was?

marianne ·

Dis wonderlik!!!! Die familie is so geseend!
Ek wens hulle is almal baie lief vir mekaar.

Vrystaat ·

Heel vanpaste van vir so n vrugbare famile. Baie geluk tannie, hoop daar kom nog baie agter agterkleinkinders.

agnee ·

ek hou nie van jou stelling nie. Ek het 4 kinders en as my finansies toegelaat het, sou ek nog gehad het. Enige nasie mag groot gesinne hê. Buitendien het albei my ouers uit groot gesinne gekom. Niks verkeerd daarmee nie!

Landi ·

My ouma het 16 kids gehad ek het oor die 30 niggies en nefies en amper 40 agterkleinkinders al. Net ‘n blessing elke dag.

Wenner ·

Hul gaan nie almal op een familiefoto inpas nie. Sal meer as een foto kos om die klompie af te neem, en dan foto’s aanmekaar las hehehe. Dink dit moet lekker wees om deel van so n groot familie te wees

Stefaans ·

Ons het 4 kleinkinders en ek sukkel alreeds om die name te onthou…….

Fransie ·

Duidelik hou al die kleinkinders haar baie jonk. Sy lyk uitstekend vir 86!

Schalla ·

Werner hulle neem lugfotos dan pas almal in op een foto:)

Theuns ·

Sjoe Joanne, die tannie en die oom was besig gewees. As jy nie iets anders het om te doen nie is die arm man se opera seker elke aand reg!

Neewat ·

En intussen is daar ‘n coup d’etat in Turkye en Maroela slaap.

Eend ·

Maroela is in die algemeen baie vinnig om nuus op te tel. Regtig beindruk. Ek het dit veral die afgelope weke opgelet.

s ·

Dankie Maroela vir die berig van die 86 jarige ouma en haar familie. Ek dink hul is n baie geseende familie en sy n baie geseende ouma. Wil neg vif “Neewat” se hy antw of vra op die verkeerde kieslys en moet na die Nuusberigte lys gaan. Of weet hy nie dalk hoe kies mens wat jy wil kyk nie!! Wonder ma net ??

Esters ·

Dit is van te min kinders he dat die wit bevolking nou kwyn.

Charmaine ·

Nee wat sy’s n wenner ,ek is my Ma se enigste kind,van my af een kleinkind,2honde…

plaasjapie ·

Ja nee kyk hulle nie n lui familie is of baie tyd voor die tv deurbring nie…goeie kopseerpille ook seker n rol speel hehe !
Geluk, julle n goeie voorbeeld stel vir ons volkie…dis hoe dit gedoen moet word !

Corrie Jansen Van Vuuren ·

Dis voorwaar ongelooflik en besonders. En ek dink altyd my dierbare Skoonmoeder is geseen met haar groot familie. Sy is 91 jaar oud, het nege kinders, 23 kleinkinders en 30 agterkleinkinders. Sulke groot families is baie geheg aanmekaar en kuier heerlik saam.

Pietersen ·

Nou verstaan ek hoekom my man baie kinders wil he, groot familie = jy is nooit aleen of verveeld nie!!

Danie ·

Ons volkie sou nie onder soveel druk gewees het nie as elke gesin 4 kinders gehad het nie. As ons nuwe berekeninge maak moet elke huisgesin ‘n gemiddeld van 5 kinders hê om te oorleef. Ek self het 5 kinders en ek moet sê daar is min mense wat so gelukkige is soos ek sonder om tv te kyk. Ons tv word miskien naweke aan gesit. Ek haal my hoed af vir daardie familie. Hulle lewe is natuurlike en voluit. Glo vir my hulle geniet mekaar, help mekaar en lewe vir mekaar. Lekker man lekker.

Theresa ·

Wel, moenie bekommer nie – berekeninge hierbo is reeds gedoen. Die SAUK blyk nie meer ‘n issue te wees om aandag af te trek nie – spring net aan die werk! Oor DV 5 j lyk die prentjie dan anders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.