Sydney-inperking eindig ná 106 dae

Die bekende Operahuis in Sydney. Foto: Pixabay

Inwoners in Sydney sal Maandagoggend verheug opstaan ná vier maande van “blood, sweat and no beers”. Die meer as 5 miljoen inwoners is onderwerp aan ʼn 106 dag lange afsonderingsperiode om die verspreiding van die hoogs oordraagbare Delta-variant te probeer voorkom.

Met al hoe minder nuwe gevalle – Nieu-Suid-Wallis het Sondag 477 gevalle aangemeld – en meer as 70% van diegene ouer as 16 wat ten volle ingeënt is, vee Sydney die spinnerakke uit die hoeke.

ʼn Handjievol kroeë en restaurante het om 00:01 plaaslike tyd sy deure oopgemaak aan klante wat ten volle ingeënt is.

“Wees die eerste een om ʼn koue bier te geniet en wees die eerste een om bietjie met vriende te kuier,” het die eienaars van Easts in die stad se Bondi-woonbuurt gesê.

Haarkappers sal ook later in die dag hul deure oopmaak alhoewel talle van hulle weke lank vooruit volbespreek is.

Winkels, skole, skoonheidsalonne en kantore is al sedert Junie vir nienoodsaaklike werkers gesluit en daar was ongekende beperkings op persoonlike vryheid. Daar was ʼn verbod op alles van reis meer as 5 km van jou huis, besoeke aan familie, sport, inkopies en om begrafnisse by te woon.

“Baie min lande het só streng of uiterste benadering tot die bestuur van Covid-19 as Australië,” het Tim Soutphommasane, ʼn akademikus en voormalige rassediskriminasie-kommissaris vir Australië, aan AFP gesê.

Daar sal steeds ʼn beperking wees op massa-byeenkomste en internasionale grense en skole sal vir ʼn paar weke lank nog gesluit bly.

“Dit is ʼn groot dag vir ons staat,” het premier Dominic Perrottet gesê. “Ná ’100 days of blood, sweat and no beers’. Julle verdien dit.”

Perrottet het klante gemaan om werknemers goedhartig te behandel uit vrees dat ʼn verbod op diegene wat nie ingeënt is nie, moontlik tot betogings kan lei. Daar is ook kommer dat die ophef van die inperkingsregulasies moontlik tot ʼn nuwe vlaag gevalle kan lei.

Die Australiese Mediese Vereniging het gesê hy ondersteun ʼn geleidelike opheffing van beperkings, maar dat dit “noodsaaklik is om die impak van elke stap op oordrag en nuwe gevalle dop te hou”. “Anders sal Nieu-Suid-Wallis se hospitale moontlik oorweldig word ondanks ʼn hoë inentingskoers.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Baardman

Waarom so streng inperking as 70% ingeent is, dan is dit mos sinneloos om in te ent

Jaco

Gelukkig het hulle nie regstellende aksie en BEE nie, so hulle ekonomie sal vinnig weer regkom.

piet

Teen einde Junie 2021 was slegs 3% van hul bevolking ten volle ingeent. Geen wonder die vlaag het die oningeentes uiteindelik getref teen daai tyd nie (dis omtrent net mooi 106 dae terug toe hulle ingehok is). Die effek van die massa-inentings sedertdien het nou ingeskop so hulle gaan weer terug na normaal.

Vonkprop

Ag Australië probeer SA se oor die 500 dae van inperking met belaglike reëls.