Taliban sê buitelandse troepe moet skoert

Amerikaanse en Britse troepe by die lughawe in Kaboel. (Foto: MOD / AFP)

Amerikaanse troepe het Dinsdag geskarrel om duisende mense uit Kaboel te ontruim nadat die Taliban gewaarsku het dat buitelandse magte nog net ’n week het om hul landsburgers uit Afghanistan te verwyder.

Die Taliban het dié sperdatum as ’n “rooi lyn” bestempel.

“Sou die VSA of die Verenigde Koninkryk ekstra tyd nodig hê om met ontruimings voort te gaan – die antwoord is nee… daar sal gevolge wees,” het Suhail Shaheen, ’n woordvoerder van die Taliban, Maandag aan Sky News gesê.

Pres. Joe Biden van die VSA is onder toenemende druk om Amerikaanse troepe eers ná 31 Augustus aan Afghanistan te onttrek.

Ongeveer 50 000 buitelanders en Afghane het reeds uit Afghanistan gevlug sedert die Taliban tien dae gelede beheer van die land oorgeneem het. Talle ander drom egter nog paniekbevange buite die lughawe in Kaboel saam in die hoop om die land te kan verlaat.

’n Herhaling van die Taliban se destydse streng interpretasie van die sharia-wet toe hulle die eerste keer van 1996 tot 2001 in Afghanistan aan bewind was, word gevrees. Afghane is ook bang dat die Taliban moontlik wraak wil neem omdat inwoners die afgelope twee dekades se VSA-geleide alliansie gesteun het.

“Die Taliban is dieselfde as 20 jaar gelede,” het Nilofar Bayat, ʼn vroueregte-aktivis en voormalige kaptein van Afghanistan se rolstoelbasketbalspan, gesê nadat sy na Spanje gevlug het.

“As jy Afghanistan nou sien, is dit mans, daar is geen vroue nie, want hulle aanvaar nie ’n vrou as deel van die samelewing nie.”

“Die doel is om soveel mense so vinnig as moontlik uit die land te kry,” het John Kirby, woordvoerder van die Pentagon, Maandag aan verslaggewers gesê.

“Die fokus is om dit teen die einde van die maand so goed as moontlik te probeer doen.”

Maar Europese en Britse leiers vra meer tyd.

Die Britse eerste minister, Boris Johnson, sal na verwagting die kwessie tydens die virtuele G7 -beraad opper.

Duitsland is ook in gesprek met Navo-bondgenote en die Taliban om die lughawe in Kaboel oop te hou vir ontruimings ná 31 Augustus, terwyl Frankryk aangedui het dat “ekstra tyd nodig is om voortgesette operasies te voltooi”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Phillip

Ja dis nou n ding as jy groen weivelde soek en daar val als in mekaar trek sonder niks net die klere wat jy aan het geen geld als is in die bank wat jy agter los

Frank John

Ja, los hulle, laat hulle hul eie heil uitwerk.

Tanniepetoors

Die Taliban het en gaan nie verander nie. Kry die vroue daar uit! As die wêreld al ooit ‘n bloedbad wou sien is hier een oppad en dit gaan vroue wees wat vermoor word.

Mariana

Klomp terroriste. Wil hulle ander name ook noem, maar sal liewer nie. Lyk ook of hulle nie gewone mans is nie, vroue beteken niks vir hulle nie. Kry hulle daaruit dat die spul na hulself omsien. Hulle wil hele land vir hulself hê om daar planne uit te werk waar hul volgende terreur moet plaasvind.

Hardekwas

Dit is nou wat gebeur as ongeletterde bokwagters n land oorneem.