Taliban val Duitse konsulaat aan

Die toneel Vrydag by die Duitse konsulaat in Masr-i-Sharif. Foto: Xinhua/Yaqub Azorda

Die toneel Vrydag by die Duitse konsulaat in Masr-i-Sharif. Foto: Xinhua/Yaqub Azorda

Minstens vier mense is dood in ʼn aanval op die Duitse konsulaat in Masr-i-Sharif in die noorde van Afghanistan.

Die aanval is Donderdag uitgevoer toe ʼn motor vol plofstof in die muur rondom die konsulaat vasgejaag het. Volgens die polisie is die motorbestuurder ook in die aanval dood. Meer as 120 mense is volgens berigte in die bomaanval beseer.

Die Taliban het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar en dit as ʼn wraakaanval bestempel. Die Taliban voer aan dat Duitsland in die nag van 3 November saam met die VSA betrokke was in ʼn lugaanval in die provinsie Kundus. Sowat 30 mense is glo in dié aanval dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Buitestander ·

Moet nie laf wees nie Trump is nie so groot veglustig mens nie.
Gee net die man ‘n kaans om te wys wat in hok steek.

charmaine ·

Dit is baie erg, maar ek kon nie n laggie onderdruk met die sin wat lees “Volgens die polisie is die motorbestuurder ook in die aanval dood”. Regtig? Natuurlik daar wag mos 7 jonge dames vir hom.

Jean ·

EN so laat Duitsland steeds toe dat die emigrante en vlugtelinge van alle etniese groepe en gelowe oor hulle grense stroom, julle gaan nog sien NO good deed will go unpunished.

GES ·

Dit is die verkeerde mense om swaarde mee te kruis. Fout, fout …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.