Volgens CNN het talle van die leerlinge lewensbedreigende beserings opgedoen. Meeste van die slagoffers is tussen 14 en 17 jaar oud. Die kinders is na die voorval huis toe gestuur.
Die aanval het omstreeks 14:00 Suid-Afrikaanse tyd by die Franklin Regional-hoërskool in Murrysville plaasgevind kort nadat leerlinge by die skool aangekom het. Die verdagte is onmiddellik na die voorval in hegtenis geneem. Sy identiteit en ouderdom is nog nie bekend gemaak nie.