Talle beseer na mes-aanval by VSA-skool

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Hoërskoolleerling het Maandag 20 mense medeleerlinge met ʼn mes aangeval by ʼn hoërskool in die Amerikaanse deelstaat Pennsilvanië.

Volgens CNN het talle van die leerlinge lewensbedreigende beserings opgedoen. Meeste van die slagoffers is tussen 14 en 17 jaar oud. Die kinders is na die voorval huis toe gestuur.

Die aanval het omstreeks 14:00 Suid-Afrikaanse tyd by die Franklin Regional-hoërskool in Murrysville plaasgevind kort nadat leerlinge by die skool aangekom het. Die verdagte is onmiddellik na die voorval in hegtenis geneem. Sy identiteit en ouderdom is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.