Talle beseer toe handgranaat in nagklub ontplof

Argieffoto

Minstens 30 mense is beseer toe ʼn handgranaat in ʼn nagklub in Caucasia in die Antioquia-provinsie van Colombia ontplof het.

Oscar Anibal Suarez, Caucasia se burgemeester, het Vrydag tydens ʼn onderhoud met ʼn plaaslike radiostasie gesê die handgranaat is in die vroeë oggendure deur ʼn man en ʼn vrou in die kuierplek in gegooi. Hulle het glo op ʼn motorfiets gery toe die handgranaat in die vol klub ingegooi is. Die man en vrou is kort daarna in hegtenis geneem.

Minstens 11 van die beseerdes is in ʼn kritieke toestand.

Die voorval het volgens berigte in die Bora Bora-nagklub plaasgevind. Die nasionale polisie vermoed die voorval is dwelmverwant. Plaaslike owerhede ondersoek die moontlikheid of die aanval uitgevoer is nadat die klubeienaar geweier het om afpersers te betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Santjie ·

Ek sou verkies dat buitelandse nuus begin met die land van die gebeurtenis maw Columbia:Talle beseer toe……..
Dan hoef ek dit nie te lees nie. Nou is dit net click bait

Gerhard ·

Ek stel voor jy lees dan nuus wat gelys is onder “SA Nuus” . Hierdie artikel is gelys onder “Alle Nuus” en “Wereld Nuus”.

Dafer ·

Gerhard, ek stem saam met Santjie. Dit is maklik genoeg om die leser die geleentheid te bied om te kies of hy/sy die berig van die spesifieke land te lees.

Gerhard ·

Dafer. Jy het mos die geleentheid, kies net “SA Nuus” op die soeklys eerder as om na “Alle Nuus” te kyk. Dit is mos nie moeilik nie. Hulle het dit spesiaal mooi vir julle gaan sorteer.

Renier Lubbe ·

As mens die plasing op Maroela Media se Facebook blad sien is daar niks wat aandui op watter land die skakel van toepassing is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.