Talle beseer toe motoris in skare inploeg

Foto: Chris Granger/NOLA.com The Times-Picayune via AP

Foto: Chris Granger/NOLA.com The Times-Picayune via AP

Minstens 28 mense is beseer nadat ʼn man met sy voertuig in ʼn skare ingeploeg het in New Orleans in die Amerikaanse deelstaat Louisiana.

Volgens Michael Harrison, ʼn polisiewoordvoerder, is die bestuurder in hegtenis geneem aangesien hy glo onder die invloed van alkohol bestuur het.

Harrison het gesê 21 mense is in die hospitaal opgeneem ná die voorval terwyl sewe ander mense slegs geringe beserings opgedoen en hospitaalbehandeling van die hand gewys het.

Die motoris het in die skare ingeploeg terwyl ʼn parade aan die gang was. Verskeie mense is kritiek beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.