Talle beseer toe trein New Jersey-stasie tref

Die treinongeluk by Hoboken-stasie in New Jersey op 29 September 2016 Foto: @newsnicolette, Twitter

Die treinongeluk by Hoboken-stasie in New Jersey op 29 September 2016 Foto: @newsnicolette, Twitter

ʼn Passasierstrein het Donderdagoggend ʼn treinstasie in New Jersey tydens die oggendspitsverkeer getref.

Beeldmateriaal en foto’s van die toneel wys skade aan die treintrok en strukturele skade aan Hoboken-stasie.

John Minko, omroeper van WFAN-radiostasie, het aan WINS-radiostasie in New York gesê “die trein het deur die versperrings gebars en die ontvangsgebied getref”.

Treindienste is na en van Hoboken opgeskort, wat direk oorkant die Hudsonrivier van New York geleë is.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

Lees meer: CNN

NBC berig minstens een persoon is dood en meer as 100 persone is beseer, waaronder verskeie kritiek. Die getal beseerdes of sterftes is egter nog nie bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.