Talle boikot Namibië se grondkonferensie

Namibië se president, dr. Hage Geingob. Foto: Wikipedia

Namibië se amptelike opposisie en nog belangegroepe het amptelik onttrek aan die tweede grondkonferensie, wat Maandag in die hoofstad, Windhoek, begin.

Die radiostasie Kanaal Sewe berig die Popular Democratic Movement (PDM) en die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) het hulle onttrek nadat die Beweging vir Grondlose Mense Woensdag bekendgemaak het dat hy ʼn uitnodiging na die konferensie van die hand gewys het.

Die PDM sowel as die AR voer aan dat die tyd wat by die konferensie aan hulle toegeken is, te min is om sinvolle bydraes tot die gronddebat te lewer, volgens Kanaal Sewe.

Hulle sê ook hulle het bedenkinge oor die weiering van die ministerie van grondhervorming om ʼn lys van begunstigdes vir hervestiging uit te reik. Daarom sal die PDM en AR enige besluite verwerp wat geneem word.

Kanaal Sewe het Donderdag berig pres. Hage Geingob het gesê Namibië het die tweede nasionale grondkonferensie belê om gunstige toestande vir die bestryding van armoede te skep, terwyl vrede en stabiliteit gehandhaaf word.

Hy het tydens die 73ste sitting van die Verenigde Nasies se algemene vergadering in New York ʼn beroep op die land se ontwikkelingsvennote gedoen om die uitslag van die konferensie te steun, wat volgens hom waarskynlik Namibië se transformasieproses sal voltooi.

Volgens die radiostasie het Geingob gesê armoede in Namibië “het die afgelope 10 jaar met 11% afgeneem”. Maar hy het bygevoeg dis nie genoeg vir ʼn ontwikkelende land nie.

Namibië se klassifikasie as ʼn bogemiddelde-inkomste-land dra by tot die tempo waarteen die land armoede verlig, maar het amptelike bystand aan Namibië laat afneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Oom Anton Van Vrekgesukkel ·

Van die bestaan van die Afrika , nog voor my Voor Vaders n Gedagte was…. Was en Is Afrika maar Net Anderste !!!

Die Werklikheid is dat niks en niemand dit sal verander nie !

Soms dink ek dat daar n helse vervloeking moet wees op Afrika…. of is die vervloeking op die mensdom…..

However, lets Agree that we Disagree on verious matters….

Oom Kalahari ·

Vaarwel Suidwes my geboorteland en ek kon darem vir 18jr ‘n deel van jou wees tot die tirs ingestap het. Duitswes sal altyd spesiaal bly en so sak die son oor Afrika.

Jan ·

Die oorsaak is eenvoudig:blanke setlaars is altyd besig om hulle vyande te voer vir soveel jare al.

Stephen Namibia ·

Ag toe nou. Nerens in Afrika is die wit persoon so veilig soos in Nam nie. Julle doemprofete kan ons nie vergelyk met SA en Zim nie.
Sedert onafhanklikheid in 1990 het die witman dieselfde geleenthede as die ander bevolkingsgroepe. Toe SA die land regeer het was geleenthede net beskore vir n geselekteerde groep witmense (wat die land regeer het)
Ons wat hier woon weet wat aangaan. Die geheim???? Respek vir mekaar en trots op ons land wat ongelukkig nie die geval in SA is nie.
Vra maar mense wat hier kom vakansie hou. Almal praat oor die vriendelike mense en wedersydse respek.
Die beoogde grond beraad is nie om land van die boere weg te neem nie maar die buitelanders wat hier kom grond koop en nie okkupeer nie weg te hou.
Ons Regering het n beleid van regverdige vergoeding van plase wat hulle opkoop. In baie gevalle kry die boer meer as die markprys.

Stephen Namibia ·

Ag toe nou. Doen julle huiswerk voor julle kommentaar lewer. Ons plase word nie gevat nie en boere wat aan die Staat verkoop kry regverdige vergoeding.
Hier in Nam word wit en swart ten minste met respek behandel.

Koos ·

100%korrek Stephan. En daar was eintlik baie meer rede vir haat as jy in ag neem hoe hul nedersettings verwoes was deur sa politici se bollie wat hul verkoop het.

Genoeg ·

Trotse Namibiër is ek. Almal van alle kleure respekteer mekaar. As plaasboere vermoor word deur ongure karakters word hierdie kwaaddoeners en moordenaars binne ure opgespoor. Oral in die wêreld is misdaad, onregverdige behandeling deur van die owerhede en teenstrydighede, maar in Namibië vat ons mekaar se hande los saam ons land se probleme op en bou saam aan ‘n land waarop ons trots kan wees en dit is alles deur genade van Bo. God het ons so sterk soos die Kameeldoringboom, eie aan Namibië gevorm en daarom kan ons saamstaan.

Witafrikaan ·

Ek sien van die kommentaar hier dat die wit afrikaan sy slurp en balle verloor het…

Koos ·

En party het nie verstand nie en nie omdat hul dit verloor het nie-omdat hul dit nog nooit gehad het nie.

AW ·

Read the news artical in full:

NAMIBIAN PRESIDENT URGES PEACEFUL LAND REFORM DEBATE

“The government started the land reform programme in 1990 but opted to use the willing buyer-willing seller system to buy land, at market prices, from private farm owners who owned the land before independence.”

“The Namibian president has over the years admitted that approach has failed and so is now urging discussions on land grabs.”

“Geingob, who was the country’s first prime minister, was one of the drafters of the Namibian constitution which protected property rights of people who owned land prior to independence.”

“He is, however, facing increasing pressure to return ancestral lands to the rightful owners.”

Source: Eyewitness News / EWN

Michael ·

Mense Namibia het aan beweeg en bou n beter toekoms vir hulle mense.nie soos hier in SA nie. Ons politieke figure kan net nie aan beweeg nie en so sal hulle hul self uit die politiek werk. Ek gaan gereeld Namibia toe en dit bly n wonderlike land. Soos Stephan se hulle los probleme op .op n mooi manier.

Sarel ·

Se eerder ons grond is nog nie gevat nie, Namibia is ongelukkig ook in afrika. Dus net n kwessie van tyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.