Talle bomontploffings ruk Thailand

Beseerdes op die toneel. Foto: Daily News via AP

Beseerdes op die toneel. Foto: Daily News via AP

Verskeie bomontploffings het Thailand se gewilde suidelike provinsies Vrydagoggend op dié land se koningin Sirikit se 84ste verjaardag geruk, nadat daar Donderdag ook ontploffings was.

ʼn Bom het omstreeks 8:00 in die Surat Thani-provinsie ontplof. Een persoon is dood en drie is beseer. Teen 8:41 het twee bomme naby die Patong-strand in Phoeket ook ontplof. In die voorval is slegs ʼn motorfietsbestuurder beseer.

Twee bomme het 09:00 in Hua Hin, ʼn toeristebestemming, ontplof en vyf mense is beseer. Teen 9:30 het verskeie bomme in die Phang Nga-provinsie ontplof, maar niemand is beseer nie.

Talle bomontploffings is Donderdag in Hau Hin aangemeld waarin een persoon dood en minstens 20 beseer is. Minstens vyf mense is ook Donderdag beseer in bomaanvalle in Trang. Volgens berigte is vier mense in totaal in Donderdag en Vrydag se bomaanvalle dood.

Buiten die bomontploffings is daar ook talle groot brande by verskeie markte aangemeld.

Prawit Wongsuwon, adjunk-premier, het gesê hy vermoed die ontploffings is “deur dieselfde bende veroorsaak” en dat polisie die voorvalle ondersoek. “Die rede vir die ontploffings is nog onduidelik,” het Wongsuwon gesê.

Premier Prayut Chan-o-cha het gesê die regering sal alles in sy vermoë doen om mense se veiligheid te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johann ·

Kyk mooi wat gebeur wanneer n onvoorberyde onbeholpe regering sulke aanvalle moet hanteer…SA se voorland met die regering se kop in die sand houding. Of nog erger: ons sal nie deur teroriste bedreig word nie want hulle is ons comrades…? Ons moet WAAK en BID…veral WAAK wanneer selfgesentreerde eie gewin al is wat amptenare dryf.

Berhalet Beukes ·

Gebede beteken niks as jy die crux van geloof nie beoefen nie. Waak teen verdoemende profesieë en fokus eerder op genade en meegevoel vir die mense wat in Thailand beseer of dood is. Die artikel handel immers oor hulle en nie SA se regering nie, daarvoor is daar genoeg artikels om kommentaar op te lewer. :-)

Marianne ·

Goeie genade!
Mense ons is reeds in die begin punt van Wereld Oorlog 3…
Mag God met ons ALMAL wees.
S.A. se Regeering sal moet stappe teen verhoeding van terrorisme – wat reeds hierdie land bedreig – doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.