Talle dood, beseer in Kaliforniese modderstorting

modderstorting

(Foto: Xinhua/Zhao Hanrong)

Minstens 13 mense in Kalifornië in die VSA is dood en 25 beseer nadat ʼn storm ʼn modderstorting in Montecito, Santa Barbara, veroorsaak het.

Volgens The Daily Mail is talle huise platgevee en strate versper, wat reddingspanne genoop het om mense per helikopter van dakke af te red.

Talle liggame is Dinsdag tydens reddingsoperasies in Montecito, sowat 160 km noordwes van Los Angeles, uit die modder en puin gehaal.

Montecito is ʼn weelderige grondgebied met sowat 9 000 inwoners. Bekendes soos Oprah Winfrey, Rob Lowe en Ellen DeGeneres woon in die gebied.

modderstorting

(Foto: Xinhua/Zhao Hanrong)

Altesaam 20 mense is in die hospitaal opgeneem van wie vier in ʼn kritieke toestand is, terwyl talle nog steeds vermis is. Die aktrise Sarah Paulsen, bekend vir haar rolle in die Amerikaanse televisiereeks American Horror Story (AHS), het op Instagram ʼn beroep gedoen op aanhangers om te help soek na die vermiste twee dogters van ʼn kollega van dié reeks se vriendin.

“Ek het ʼn verpletterende e-pos ontvang van Nicole Burkhead, ons assistent op die stel van AHS, wat my vra om die woord te versprei oor haar vriendin se twee vermiste kinders – help asseblief as jy kan. My vriendin se kinders is weg!” het Paulsen geskryf.

Die soektog na oorlewendes het deur die nag voortgeduur.

Die modderstortings is in die middel van die nag deur kitsvloede veroorsaak, maande nadat ʼn massiewe veldbrand die omgewing verwoes en plantegroei uitgewis het, wat modderstortings so te sê onvermydelik maak tydens swaar reënbuie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Magaretha van heerden ·

I do feel sorry for these people but they were all part of the people criticizing Donald Trump all the time, including Oprah W. They never recognised him as the President and that he was appointed by God. They were spreading lies about him on the media. You can watch on youtube the prophecies by Kim Clement in 2007 about God’s plan with Trump. Also on youtube is Mark Taylor’s prophecies. Easy to find.
Let us pray for these people that they also will have a change of heart.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.