Talle dood, beseer in nóg VSA-skietvoorvalle  

Sewe mense is vroër vandeesmaand dood ná ’n massaskietvoorval in Colorado Springs in die VSA. (Foto: Jerilee Bennett / The Gazette, Facebook)

Vuurwapengeweld in die VSA het die afgelope naweek die lewe van 12 mense, onder wie twee tieners, geëis terwyl sowat 50 ander beseer is.

Dit volg enkele dae nadat twee sesjarige kinders, Aiden Leos van Kalifornië en Bella Callaway van Alabama, in afsonderlike skietvoorvalle dood is.

Boonop is vuurwapengeweld in die VSA sowat ’n maand gelede deur pres. Joe Biden as ’n “epidemie” en “internasionale skande” bestempel.

Die mees onlangse skietvoorvalle het die afgelope naweek in New Jersey, Suid-Carolina, Georgia, Ohio en Minnesota plaasgevind.

AFP berig dat vuurwapenverkope in die VSA sedert die begin van die Covid-19-pandemie in 2020 toegeneem het en dat dié jaar een van die gewelddadigste jare die afgelope dekades was wat vuurwapengeweld betref.

Volgens die Gun Violence Archive in die VSA was daar sedert die begin van 2021 reeds sowat 200 massa-skietvoorvalle in die VSA.

Luidens internasionale beriggewing is twee mense dood en sowat 12 beseer toe skote Saterdagaand by ’n huispartytjie in Camden, New Jersey, geklap het.

Verder is ’n 14-jarige meisie dood en 14 ander beseer toe skote by ’n konsert in South Carolina afgevuur is. Nog ’n tienermeisie (16) is by ’n park in Columbus doodgeskiet en sewe ander gewond.

’n Skietery het ook Saterdagaand in Minneapolis, Minnesota uitgebreek, waartydens een persoon dood en agt ernstig gewond is. Dít het op die vooraand van die eerste herdenking van George Floyd se moord in Minneapolis plaasgevind. ’n Optog is Sondag ter nagedagtenis aan hom gehou.

In Atlanta, Georgia, is polisie vroeg Sondagoggend na ’n woonplek ontbied waar hulle op die lyke van drie persone met skietwonde afgekom het.

Verder het ’n bakleiery by ’n kroeg in Youngstown, Ohio, ook Sondagoggend as gevolg van vuurwapengeweld die lewe van drie mense geëis terwyl agt ander beseer is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Louwrens ·

Dit is ‘n vulletjie teenoor wat elke naweek in Suid Afrika aangaan met 20% van die VSA se bevolking. Kyk maar net na Bheki Cele se jongste syfers en kyk hoeveel moorde vind plaas in Suid Afrika oor ‘n naweek.

Nie Verbaas ·

Die George Floyd storie word nou behoorlik holrug gery maar dit lyk of dit nie net in Suid Afrika is waar swart kriminele meer regte as wit wetsgehoorsame burgers het nie.

Noels244 ·

Hier vat hulle ons wapens af, daar is hulle wapen mal. So onnodig en hartseer.

Stephen ·

As ek reg onthou was Biden en sy Liberale spul voor in die koor om Trump te beskuldig oor al die wapengeweld. Nou wat nou??

Thom ·

Daaraan gedink dat indien trompie wel sy werk gedoen het , die situasie al veel beter kon gewees het ?

Fedup ·

Second south Africa, thanx to a clown becoming president, illegally, of course.
If I have to read about floyd one more time, I’m going to have a hissy fit.

Margaret ·

Ek begin al wonder of daar agter die skerms deur die Amerikaanse politici gekonkel word. Elke liewe keer wanneer hulle vuurwapens wil wegneem by hul mense, dan gebeur daar weer n rits masse skietvoorvalle.

Vrijburger ·

Maar wees eerlik en ontleed ‘n bietjie verder. Week na week die meeste vuurwapen geweld in linkse stede waar die Demokrate met hul beleid die polisie verminder en aan bande le. En dan die olifant in die vertrek waaroor niemand iets se nie – dit is meestal swart op swart geweld. Met Chicago natuurlik die voorbok.

Vrijburger ·

Jip, ek het gou gaan loer. Daar was 36 skiet insidente in Chicago die naweek, 47 mense geskiet waarvan 9 dood is. En ons almal weet wie is in beheer van Chicago en wie is betrokke in die geweld.

pestilensie ·

Ja en soos hier is hulle antwoord om die wetsgehoorsames se wapens af te vat

Riaan ·

So die afgelope naweek is 12 mense dood. In SA is daai syfer 110. VSA populasie 332 miljoen. RSA populasie (konserwatiewe skatting) 60 miljoen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.