Talle dood, gewond ná skietery by Kaliforniese partytjie

Nooddienste op die toneel. (Foto: Larry Valenzuela/The Fresno Bee via AP)

Vier mense is dood en ses ander beseer nadat onbekende verdagtes Sondagaand op ’n groep van 35 familielede en vriende in die agterplaas van ’n huis in Fresno in Kalifornië losgebrand het.

Volgens lt. Bill Dooley van die plaaslike polisie het die groep familie en vriende by die huis in die suidooste van die stad bymekaargekom om saam na ʼn Amerikaanse voetbalwedstryd te kyk.

“Wat ons wel weet, is dat dit ’n byeenkoms was, met familielede en vriende wat in die agterplaas bymekaargekom het. Almal het voetbal gekyk toe onbekende verdagtes die woning nader, in die agterplaas inglip en op die groep losbrand,” het Dooley verduidelik.

Altesaam tien mense is geskiet. Drie het in die agterplaas omgekom en ’n vierde slagoffer het later in ’n hospitaal aan sy beserings beswyk. Ses ander sterk tans in ’n hospitaal aan.

Lt. Bill Dooley van die Fresno-polisie praat met verslaggewers op die toneel. (Foto: Larry Valenzuela/The Fresno Bee via AP)

Amerikaanse media berig sommige oorlewendes is in ’n kritieke toestand by die hospitaal opgeneem.

Die slagoffers is almal Asiatiese mans tussen 25 en 35 jaar oud. Geen kinders is in die voorval gewond nie.

Die polisie het ná die voorval van deur tot deur gegaan op soek na iemand wat kan help om die verdagtes vas te trek. Die skietery het sowat 800 m van die stad se lughawe plaasgevind.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Daar is in dié stadium geen aanduiding dat die slagoffers die skieters geken het nie.

’n Man in sy vroeë 20’s is vroeg Sondag in ’n huis elders in die stad doodgeskiet. Die polisie het ook nog nie aangedui of die voorvalle met mekaar verbind kan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Sven ·

Ek sal ook ongelukkig wees indien 35 mense in my buurman se agterplaas saamtrek om voetbal te kyk.

Bloudrom ·

Jy is n opregte Suid-Afrikaner. Ek komplimenteer jou nie.

Njerts ·

Dalk wetnin eie hande geneem omdat die partytjie, ekskuus voetbal wedstryd in n geraas ontaard het? Mense wat bymekaar kom om iets te geniet vergeet mos maklik die mense om hulle sê reg op stilte, vrede en kalmte.

Hanna Hoekom ·

My verloofde het in daardie area gewoon tot so ses jaar gelede. Fresno het n geweldige probleem met bendes van Asiatiese afkoms. Die misdaadsyfers is dus baie hoog in Fresno en omgewing. Dalk was hierdie skietery bende verwant? Bly nog steeds hartseer.

Skerpioen ·

Agge nee wat…. geraas is glad nie genoeg rede om ‘n vuurwapen te vat en mense af te maai nie. Dis omdat niemand niks meer vir iemand anders wil gun nie. Mens sou nou sweer Sven se hele lewe sal vir ewig ontwrig wees indien sy bure so ‘n byeenkoms vir een aand sou waag. En hier sit nou ‘n familie wie se lewe nooit weer die selfde sal wees nie oor ‘n groep mense niks vir niemand wil gun nie. Dis bitter hartseer dat vandag is ‘n lewe niks meer werd nie.

Jimmy ·

Wie sê dis nou net een aand se ding. Die voetbalseisoen is lank.

Sven ·

Skerpioen, enige aksie lei tot ‘n reaksie. Hier is verseker ‘n lang aanloop met baie faktore.

Cherokee ·

Ek dink die minister van binnelandse sake moet met die Amerikaanse owerheid in verbinding tree en dit makliker maak vir die Amerikaners om na Suid Afrika te vlug.

Wagter ·

Ag, tog nie alweer nie…. amerikaners het almal ‘n klap van die wind weg, lyk dit my…

Leon ·

Ek het op ‘n stadium so gevoel toe my buurman 3-uur Kersoggend en 2 uur Nuwejaar nog met ‘n 1000 watt versterker partytjie hou. Sal hulle ook graag wou skiet. Ongelukkig het die ANC my wapens gevat.

Maljan ·

Ek voel ook so as elke begrafnis van persone wie nog nooit in die omgewing gewoon het nie, nou hier plaasvind en hulle gil en dreinering nagte deur.

Sê net ·

Ten minste gaan ander partytjies nou bietjie rustiger wees in daai omgewing. Nie so baie geskree en gejubel nie. Mag sleg wees vir die gesondheid. ;-)

DS ·

Wagter verander asseblief jou naam – wagter is ‘n hond se naam – maar ek dink honde het meer menslikheid as jy…..

Charlie ·

Wagter , die artikel sê duidelik dit was Asiatiese slagoffers, dalk ‘n territoriale onderonsie?

Snip ·

Mense verloor hulle torre man en geweld is nie die oplossing nie. Glo hulle sal nie sommer weer vinnig `n kuiersessie reël nie en sal die hele buurt nou versigtig wees. Jammer die res van die familie en vriende moet nou om oop grafte gaan staan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.