Talle dood in Tokio-mesaanval

Nooddienste en polisie op die toneel. Foto: Kyodo News via AP

Nooddienste en polisie op die toneel. Foto: Kyodo News via AP

Minstens 19 mense is dood en 25 beseer ná ʼn mesaanval in Tokio, Japan.

Die polisie is Maandag na ʼn sentrum vir verstandelik gestremdes in Sagamihara in Kanagawa ontbied nadat ʼn man gewapen met ʼn mes by die sentrum ingebreek het. Volgens die Kyodo News-agentskap het die man dadelik mense by die sentrum begin aanval.

Die verdagte, Satoshi Uematsu, het hierna na ʼn plaaslike polisiestasie gery waar hy skuld beken en homself oorgegee het. “Ek het dit gedoen. Dit is beter as gestremdes verdwyn,” het die man glo gesê.

Die 26-jarige verdagte het ʼn sak met drie messe by hom gehad en hy is in hegtenis geneem. Volgens inligting het die verdagte vroeër by die sentrum gewerk. Minstens 149 mense, tussen 19 en 75 jaar oud, word in die sentrum gehuisves.

Die aanval is die ergste van sy soort in die afgelope paar jaar. In 1995 is 13 mense dood en duisende beseer in ʼn gasaanval. In 2008 is 16 mense dood nadat ʼn videowinkel aan die brand gesteek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

johann cb ·

Nou word mense wat nie hulself kan verdedig nie al geteiken. Dit is regtig baie tragies. Sterkte aan die naasbestaandes en beseerdes.

Jeanne ·

Dis beter dat JY net verdwyn. Wie gee jou die reg om gestremdes te laat ‘verdwyn’? Skandelik dat weerlose mense so geteiken word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.