Talle dood na aardbewing in Italië

Reddingswerkers soek Woensdag (24 Augustus 2016) deur die puin van ʼn gebou wat ineengestort het in Arcuata del Tronto in Italië. Foto: AP Photo/Sandro Perozzi

Reddingswerkers soek Woensdag (24 Augustus 2016) deur die puin van ʼn gebou wat ineengestort het in Arcuata del Tronto in Italië. Foto: AP Photo/Sandro Perozzi

Minstens agt mense is dood nadat ʼn aardbewing Woensdagoggend die sentrale deel van Italië geskud het.

Die aardbewing wat 6,1 geregistreer het, het omstreeks 03:36 onder meer die stad Amatrice geruk en talle geboue het ineengestort of is beskadig. Sterk naskuddings het gevolg. Hoewel owerhede tot dusver slegs agt sterftes kon bevestig, kan die dodetal waarskynlik styg.

Met sonsopkoms het inwoners en reddingswerkers met stootskrapers begin om mense te red wat onder die puin vasgekeer is. Werkers het ook afgesperde paaie oopgemaak.

In Accumoli is ʼn familie van vier dood nadat hulle onder die puin vasgekeer is. Nog twee liggame is in Amatrice onder die puin gevind. Die ANSA nuusagentskap het berig ʼn bejaarde egpaar in Arquata del Tronto is ook dood.

Volgens die owerhede het Accumoli en Amatrice die meeste skade opgedoen, maar inwoners regoor sentraal-Italië het die skuddings gevoel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.