Minstens 10 mense is dood, onder wie ’n polisiebeampte, na ’n skietvoorval by ’n kruidenierswinkel in die Amerikaanse deelstaat Colorado.
Die vermeende moordenaar is gewond en is in aanhouding, het Michael Dougherty, distriksadvokaat van Boulder County, 50 km noordwes van Denver, gesê.
Eric Talley (51), ’n polisiebeampte, is in die skietery dood. Hy was een van die eerste beamptes op die toneel by die King Soopers-kruidenierswinkel.
Polisiebeamptes het omstreeks 14:30 Maandag (plaaslike tyd) gereageer op telefoonoproepe oor skote wat in die gebied afgevuur word. Volgens ooggetuies was daar verskeie geweerskote en het talle inkopiegangers by ’n agterdeur uit die gebou gevlug.
Tientalle gepantserde voertuie, ambulanse en gewapende beamptes, onder wie FBI-agente en SWAT-spanne, is na die toneel ontplooi.
“My hart breek terwyl hierdie onbeskryflike gebeurtenis in ons Boulder-gemeenskap afspeel,” het Jared Polis, goewerneur van Colorado, gesê en die voorval as ’n “sinnelose tragedie” bestempel.
“Woorde kan geen reg laat geskied aan die tragedie wat vanmiddag hier afgespeel het nie,” het Sam Weaver, burgemeester van Boulder, op Twitter gesê.
Twee van die berugste massaskietvoorvalle in Amerika se geskiedenis het in Colorado plaasgevind.
In 1999 het twee tienerseuns 12 van hul klasmaats en ’n onderwyser aan die Columbine High School doodgeskiet voordat hulle hulself om die lewe gebring het.
In 2012 het ’n swaar gewapende man by ’n rolprentteater in Aurora ingestorm en 12 mense doodgeskiet. Die man dien nou lewenslange tronkstraf uit sonder die moontlikheid van parool.
Agt mense, ses van hulle Asiese vroue, is verlede week dood in skietvoorvalle by drie verskillende spa’s in die Amerikaanse deelstaat Georgia.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
27 Kommentare
Vreemd hoe al die dinge onder Biden gebeur, kry amper die gevoel dit word toegelaat om ‘n spesifieke naratief te laat ontstaan.
Die duiwel is doodeenvoudig los, dis wat aangaan. Mense is besig om mal te raak…want elke persoon het REGTE, en as dit jou nie geval wat ‘n ander persoon te se het nie, dan moet hy en almal om hom boet.
Hierdie aarde was nog nooit geskik vir mense nie, of om kinders te maak nie, te veel ellende.
Ek sweer mense in die koue streke het n Vitamine D tekort, of iets en dan haak hulle koppe so uit.
Moord en doodslag die wêreld vol. As iets jou nie geval nie, gryp ‘n geweer en skiet so bietjie onder die mense. Totale chaos en die regerings te besig met ander goed om regtig om te gee vir wat in die strate, waar doodgewone mense loop, gebeur.