Talle dood ná ontploffing in kerk

'n Man staan en huil buite die kerk. Foto: AP Photo/Nariman El-Mofty

‘n Man staan en huil buite die kerk. Foto: AP Photo/Nariman El-Mofty

Een van die grootste aanvalle op Christene het Sondag in Kaïro in Egipte plaasgevind.

Minstens 30 mense is dood en 50 ernstig beseer toe ʼn ploftoestel in die vernaamste Koptiese Christelike Kerk ontplof het. Die oorledenes is reeds Maandag begrawe.

Die kerk is naby die St. Marks-katedraal wat die hoofsetel is van die Koptiese Kerk in die Midde-Ooste.

Abdel-Fattah el-Sisi het die voorval as ʼn “afskuwelike terreurdaad” beskryf en het ʼn drie dae lange routydperk aangekondig. Na raming is ongeveer 10% van alle Egiptenare Christene en hulle leef in vrede met hul mede-Moslembure.

In 2011 is minstens 23 mense dood in ʼn ontploffing by die Two Saints-kerk in Alexandrië.

Foto: AP Photo/Nariman El-Mofty

Foto: AP Photo/Nariman El-Mofty

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Ada ·

Dit staan so in die Bybel geskryf dat die Chistene vervolg gaan word en gebeur al hoe meer en meer.Ek sal nie my geloof as Christen versaak nie – al raak dit hoe gevaarlik.

Stella ·

@Ada, ek het ook al baie keer oor vervolging van Christene gedink. As iemand ‘n rewolwer teen jou eie kop druk of jou kind of familielid, wonder ek baie keer of ek nog gaan staan vir my Christelike geloof. Dit is maar ‘n gevaarlike uitlating om te maak.

SNEL ·

Nairobi mall waar hulle die wat gesê het hulle is Christene en dan vermoor was “comes to mind”. Ek het een keer n program daaroor gesien, dit was erg, party het gesê hulle is nie Christene nie, net om te lewe. Ek sê ook, ek sal nooit my geloof verloon nie, maar wat mens sê en wat mens doen in so geval is twee verskillende goed. Mens sal eers die werklike standvastigheid van jou geloof besef as jy self in so situasie is en jou kinders by jou. Dit was vreeslik om dit te sien en wat daardie arme mense moes deurmaak.

charlene ·

@ Ada. Ek dink jy praat groot. Ek sal as hulle `n geweer teen my kop nog druk weier om my god te verraai, maar dis `n ander storie as jy `n geweer teen my ouers sal druk of nog erger teen my kind. Niemand van ons wil ons geloof opgee, ons wil nie God verloon nie. Dis een ding wat ek vrees, dat ek as gevolg van my geloof vermoor gaan word. Ons word oor ons wit velle vermoor, maar ons boere kry nie `n voorblad nie?!?

Connie ·

Dis waarom ons vir hulle moet bid om sterk te staan in die geloof. Ons is so bevoorreg om Godsdiensvryheid te he.

Ouvrou ·

Stella deur neer te pen van jou twyfel het jy God klaar versaak. Ware christene staan by hulle oortuigings en geloof al gaan hulle in die dal van die dood.

sue ·

Ouvrou ek kon dit nie beter sê nie. Ń mens kan nie aan die liggaam vasklou nie. Dit is net ń tydelike tentwoning. Vrees liewer Hom wat die liggaam sowel as die gees in die helkan werp.

PW Growee ·

Ouvrou : God word nie so maklik versaak nie. Twyfel…… Die dissipels op die boot, Thomas,…. Selfs Petrus was doodbang. Dit is wat jy met jou twyfel en bangwees maak wat belangrik is. Oppas vir te dapper wees.

CQ ·

WAAROM VERWYDER JULLE MY KOMMENTAAR?????
Liewe Stella. Dankie vir jou eerlikheid. NET SOOS JY is ek ook menslik en maak ek ook foute. En ANDERS AS Ouvrou en Sue is ek nie perfek nie en EER EK NIE MYSELF as BESTE CHRISTEN nie. Ek kan net daagliks op my kniee gaan en vir God vra om my in sulke omstandighede by te staan en sterk te maak IN JESUS NAAM….nie my eie nie

sue ·

CQ ek is nie perfek nie en ek eer nie myself nie. Ek leef elke dag uit genade en afhanklikheid. Wil jy dan sê Paulus en Stefanus ens. Wat bereid was om vir hulle Here te sterf het ook gedink hulle is perfek? MyJesus het Sy lewe virmy gegee en ek is bereid om dit vir Hom te doen. Is jy nie?

ada ·

Dankie vir almal se kommentaar. Dit laat mens dink.Waardeer dit.

bvb ·

Leef Christene en moslems regtig in vrede saam? Kyk na raymondibrahim.com

Johannes Meintjes ·

Die vervolging van Christene is verseker ‘n voldwonge en bitter feit. Dink ook maar net weer terug aan die St.James aanval in SA destyds. Wat egter na mening onnodig is, is die verliese en vervolging a.g.v. die vesuim van die Kerk en Christene oor baie jare, – in SA en internasionaal, – om baie beter samehorig ge-organiseerd te wees en baie beter rentmeesters van ons verantwoordelikheidsgebiede en terreine te wees, elkeen soos geroep en gesalf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.