Ses mense is Sondag dood in ’n skietery by ’n moskee in Quebec, Kanada.
Die Kanadese eerste minister, Justin Trudeau, het die skietery as ’n “terreuraanval op Moslems” bestempel.
Die polisie in Quebec het intussen bevestig dat minstens agt mense beseer is in die aanval en dat twee verdagtes in hegtenis geneem is.
Christine Coulombe, provinsiale woordvoerder vir die polisie, het gesê die oorledenes is tussen 35 en 70 jaar oud. Volgens Coulombe was daar meer as 50 mense in die moskee tydens die aanval.
Volgens Quebec se premier, Phillipe Couillard, sal daar Maandag verskeie byeenkomste wees in meegevoel met die oorledenes.
Wie skiet toe op wie?
Let net op: Kanada het ‘n Eerste Minister, nie ‘n president nie.
Dagsê Ulrich
Dankie vir jou terugvoer! Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Landi nms Maroela Media
Snaaks hoe die Kanadese Eerste Minister die voorval as ‘n terreuraanval bestempel, maar dit maak skaars nuus in ander dele van die wêreld. Die media wat wel daarna verwys sit “terreur” in aanhalingstekens. Niemand op facebook verander hulle profielfotos om kanada se vlag te vertoon nie. Dieselfte geld vir die baie terreuraanvalle in Afrika.
Dit is hoekom Trump hulle nie in sy land soek nie
En is dit so moeilik om te verstaan?
Filosowe stry altoos daaroor, maar godsdiens speel altyd ‘n rol in mense se lewenssieninge en optrede, selfs in die lewe van stoere ateiste. Radikalisme, of gewoon uithaak, begin meer en meer voordoen. Oppas deesdae, selfs by die vroee Saterdag-oggendmark… mens weet nooit. Angs en stres gaan die volgende dekade+ ons onsigbare skaduwee word… en ‘bang’ sal hom self tussen ons Marmite-toebroodjies inwurm…