Talle dood ná skietery by skool

ʼn Emosionele toneel ná die skietery by die Marjory Stoneman Douglas-hoërskool (Foto: John McCall/Florida Sun-Sentinel via AP)

Minstens 17 hoërskoolleerders van die Amerikaanse deelstaat Florida is dood toe ʼn voormalige leerder glo met ʼn semi-outomatiese geweer in die gange van ʼn hoërskool losgebrand het.

Di֖é skietery het volgens berigte Woensdagmiddag laat by die Marjory Stoneman Douglas-hoërskool plaasgevind. Die voorval is bestempel as die dodelikste skoolskietery sedert ʼn soortgelyke voorval in 2012 by die Laerskool Sandy Hook in Connecticut waartydens 26 slagoffers doodgeskiet is.

Fox6 berig die skieter, wat glo toegerus was met ʼn gasmasker en rookgranate, het na bewering die brandalarm van die skool laat afgaan om die leerders in die gange van die skool te teiken.

Hoewel Amerikaanse polisieowerhede nie onmiddellik ʼn motief vir die moord bekend gemaak het nie, het die skool wel bevestig dat die 19-jarige verdagte vroeër uit die skool geskors is ná hy ʼn bakleiery veroorsaak het. Hy was verder glo ook bekend onder die leerders en is beskryf as ʼn “onbestendige tiener” wie se “vreemde gedrag” veroorsaak het dat “talle met hom ʼn vriendskap beëindig het”.

Mediese personeel behandel een van die slagoffers (Foto: John McCall/Florida Sun-Sentinel via AP)

Robert Runcie, ʼn polisiewoordvoerder, het die voorval as “afgryslik” bestempel. Volgens hom het leerders van die skool tydens die voorval na veiligheid probeer storm waartydens talle beseer is. Beeldmateriaal wys ook hoe nooddienste beseerde leerders buite die skoolgebou behandel en ander slagoffers wat noodlottig beseer is, buite die skoolgebou lê.

“Dis ʼn aaklige dag vir ons. Dis ʼn katastrofe. Daar is regtig geen woorde nie,” het hy gesê.

Max Charles, ʼn leerder aan die skool, het aan die nuuswebwerf vertel hy was saam met sy medeleerders en onderwyser in die klaskamer toe hy vyf geweerskote gehoor het. “Ons het in die hoek gaan staan, weg van die vensters af. Die onderwyser het die deur gesluit en die lig afgesit. Ons het gedink ons kan doodgaan.”

Charles het minstens vyf slagoffers buite sy klaskamer op die toneel gesien wat noodlottig gewond is.

Die 19-jarige is sowat ʼn uur ná die skietery in ʼn woonbuurt ʼn paar kilometer weg van die skool in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Lolla ·

Net een uur later, is die moordenaar gevang! Wens SA se kriminele kon deur so n effektiewe polisieerings mag vasgetrek word.

Karen van Zyl ·

Lolla, wie weet watter wonderlike verandering gaan gebeur nou dat Ramaposa President is.

Baby ·

Dit is skokkend dat Amerika soveel keer deur skoolskieters geteister word. Altyd onskuldige mense wat sterf in so ‘n skietery. Soos ek verstaan is dit soms boelies self of kinders wat geboelie was wat hierdie aksies uitvoer, ek dink dit kry te min aandag in skole. Dalk kan mens lewens spaar deur hierdie goed vooraf aan te spreek. Net my aanbeveling, dalk kan hulle kinders en onderwysers se lewens red in die toekoms deur voor die tyd aandag aan bakleiery en boeliery te skenk. Hoeveel videos van skoolboelies het ons nie al die afgelope jare gesien nie?? Dit word nie reg aangespreek en met die nodige ERNS hanteer nie. Jammer vir al die ouers en mense wat geliefdes verloor het.

A ·

Dis vreeslik. Baie sterkte aan al die partye wat geraak word deur so ‘n gewetenlose daad. Dis dalk tyd dat Amerika ook wapen-beheer begin toepas.

jAKES ·

Tragies en afgryslik!!!!!
Wapens in Amerika maklik verkrygbaar en strenger wetgewing en beheer moet ingestel word. Dit begin al amper n stokperdjie word om skoolkinders te skiet.

Pietman ·

Wapens is nie die probleem nie, sielkundige probleme is wel.

Albatros ·

Hoeveel keer moet mens NOG vir julle snowflakes verduidelik wapens is NIE die probleem nie?

Piet Pompies ·

My innige sampatie met die afsterwe van die kinders. Daar word ‘n kultuur onder die Amerikaners gekweek van, “Ek is die beste, ons het die grootste, ek weet alles”
In hul geprekke is taalgebruik van “my house” en “my car”, “my lawn”. Dit kom neer oor aanspraak maak van eienaarskap van goedere en mense. As hierdie eienaarskap in gedrang kom dan haak die koppie uit. Waarskynlik het die skieter ‘n teleurstelling ervaar en sy woede op kinders uitgehaal.

Anoniem ·

Ja Piet Pompies. Dit is ook “my kar”, “my huis”, “my vrou”, “my kinders”, ens. Dus. Ek maak ook aanspraak van eienaarskap op goedere en mense. Net soos wat jy dit ook al gedoen het, en seker nogsteeds doen.

VanAfrika ·

Ja hulle noem sy teleurstelling skorsing, lees die artikel

Kowa ·

Ek voel net so jammer vir al die onskuldige families wat geraak word. As boelies net aangespreek word en gestraf word sal die soort van ding dalk nie so baie gebeur nie. Tragies en verskriklik.

Jacques Venter ·

Obama wou vuurwapen beheer opskerp maar het geweldig teenkanting gekry

Valerie ·

Bestudeer jou feite en sê reguit way jhy wil sê. Seker nou weer Trump se skuld. Die moordenaar was ‘n slapgat kind uit ‘n slapgat huis. Daar is jou probleem.

Schalk ·

Wow Valerie!!! Eerstens het jy nie n ideee waaroor dit alles gegaan het behalwe die skorsing nie. Wat die kind gedoen het is barbaars en verkeerd. Niemand weet waardeur hy was voordat hy die drastiese stap geneem het nie. Slapgat ouers? Ja. Slapgat onderwyders, slapgat vriende, dit alles het bygedra tot die daad. En ons kan seker maar die skuld voor al die Amerikaanse Presidente se deure le, almal kon al die wetgewing opgeskerp het.

SNEL ·

Die hele lewe het verander in n; dis nie meer my skuld nie, maar iets of iemand anders se skuld, ouers ,skool, omstandighede. TWAK, ek weet van mense wat in vreeslik huise groot geword het en uitgestuig het bo hulle omstandighede. Dis deesdae te maklik om te sê; Hy is n pedofiel, want hy was as kind gemolesteer, hy is n verkragter want as kind het sy ma dit en dat aan hom gedoen, ruk n kind in die klas uit en sê hom hy moet ophou praat, dan is dit nie hy nie, maar die kind langs hom….ens. Die hele wêreld het in n plek verander waar die vinger nie meer na die skuldige wys nie, maar die 80000 goed wat hom tot daai punt KON dryf, dis jammer dis so. Tyd dat mense man staan vir hul dade.

Theo Baumann ·

Strenger vuurwapen beheer gaan geen verskil maak nie, soos ek die berig verstaan het die wapen nie alleen die misdaad gepleeg nie.
Dit is nie die lepel of vurk se skuld dat mense oorgewig raak nie….. seker die rede hoekom hulle deesdae meer kos verkoop wat jy direk uit die verpakking kan verorber…..

Hendrik ·

Theo, jou redenasie hou nie water nie. Wapens behoort toegesluit te wees of aan die verantwoordelike persoon gedra te word. Duisend kinders word jaarliks in huise geskiet deur “ongelukke” waar wapens nie veilig geberg is nie. In die VSA word baie swak, indien enige, agtergrond navorsing oor potensiële kopers gedoen. In meeste state kan jy ‘n wapen van ‘n ander individu koop sonder enige agtergrondondersoek. Hierdie jongman was duidelik nie geskik om ‘n wapen te besit nie, maar het vrye toegang to t een gehad. Net so was dit ook die geval by die Sandy Hook voorval. Amerikaners, en in die besonder die NRA en republikeine moet wakker skrik voor die massas aandring op ‘n totale wapenverbod. Verstedeliking in ag genome, is dit nie meer vêr nie. In Illinois swaai Chicago alreeds die septer oor die totale Illinois platteland.

Liberales se skuld ·

Dit kom daarvan as liberale waardes dit goedkeur dat die media en rekenaarspeletjies so vol geweld is. Kyk maar na die cartoon kanale op tv, die net moord en doodslag heeltyd, en dit vir klein kindertjies se oe.

Karen van Zyl ·

Dit is ongelooflik hartseer, die kinders het maar net begin aan ‘n toekoms bou. Ai …

Hanna ·

Wel ek sien die saak so….. as daar minder kinders geboellie word, en eenkant toe en uitgewerp word. Sou dit nie gebeur het nie. Heel duidelik het die kind net besluit genoeg is genoeg en hy het ontplof en sy kop het hom gelos….. en hel het los gebrand. Dis gewoonlik kinders wat stil is en later so op gepik word en vernederd word dat sulke goed gebeur…. daar word altyd gese haai, maar Sannie of Piettie was altyd so n stil kind, hulle kan nie glo wat Sannie of Piettie gedoen het nie…. groepsdruk is wreed…. en kinders se koppe hak later uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.