Talle dood ná skietvoorvalle in Nieu-Seeland

Foto: (AP Photo/Mark Baker)

Talle mense is by twee moskees in Christchurch, Nieu-Seeland, doodgeskiet.

Volgens die New Zealand Herald is minstens nege maar tot 27 mense dood ná gewapende aanvallers in twee moskees losgebrand het.

Jacinda Ardern, die land se eerste minister, het dit as een van Nieu-Seeland se donkerste dae beskryf.

Daar word berig dat die skietvoorvalle by die Masjid Al Noor- en Linwood Masjid-moskees plaasgevind het.

Volgens ooggetuies het ʼn gewapende man wat in swart geklee was Vrydag omstreeks 13:45 (Nieu-Seelandse tyd) by die Masjid Al Noor-moskee ingestap en op mense losgebrand.

Foto: (AP Photo/Mark Baker)

Volgens berigte is een persoon reeds in hegtenis geneem in verband met die skietvoorvalle. Daar is intussen ook berigte van ʼn derde skietvoorval naby ʼn hospitaal. Inwoners in die gebiede wat geraak word, is deur wetstoepassingsagentskappe beveel om tuis te bly terwyl groot dele afgebaken is.

Lede van Bangladesj se krieketspan het glo net-net die skietery by die Masjid Al Noor-moskee misgeloop. Spelers en lede van die span se afrigtingpersoneel was op ʼn bus op pad na die moskee toe die skietery uitgebreek het.

Volgens berigte het die span na Hagley Oval gevlug waar hulle Saterdag teen Nieu-Seeland sou begin speel.

Meer inligting volg.

Foto: (AP Photo/Mark Baker)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Tarzan ·

Mooi gekyk. Sy het respek vir haar beroep en haarself. Sy het trots. Dit is haar neering om beskermings beampte te wees.

Leser ·

Jy is reg Heksie en ek stem heelhartig saam met jou, MAAR – die feit bly staan. Onskuldige mense is dood. Dit bly hartseer. Ongeag wie of wat hulle is…dit is onnodig.

Andre Coetzee ·

In Nieu Zealand is daar nog wet en orde en ‘n baie goed opgeleide en toegeruste polisie.Jy sal geen oorgewig,lomp en onbevoegde mense hier sien nie.Mooi so.Dit is hoe die polisie dames hier lyk.Baie goed opgely en mooi. Dit is nie net ‘n werk nie.Dit is ‘n lewens handel.

kolla ·

NZ ook derde op die wereldlys van meeste oorgewig mense na VSA en Mexiko. LOL

Tong innie kies ·

Kolla – Daai is nie vet nie, dis standby spiere vir wanneer die ander opgebruik is.

Hanna Hoekom ·

Die Moslems het net hulself te blameer. Wens hulle wil in hul eie lande bly! Die buiteland se burgers is keelvol vir hierdie toestroming deur immigrante wat nooit in die plaaslike samelewing integreer nie. Duitsland is volgende: baie Duitsers is absoluut keelvol vir hierdie immigrante. Britanje is ook n drukkoker. Geen wonder mense se koppe los hulle nie…

Romeine : ·

Hanna Hoekom, daar is moontlik heelwat dinge waaroor ek en jy sal verskil maar ek stem saam met jou opsomming van die situasie. Die insypeling van hierdie radikale mense na weste maak dat die wereld in `n drukkoker ontaard het. Maar wat my laat kopkrap, is: Hoekom word daar nooit `n traan gestort vir die duisende Christene wat in Moslem lande vermoor word nie? In Irak word kerke afgebrand met honderde mans, vrouens en kinders binne-in. Christene word op n ry onthoof en almal sien dit op sosiale media en skynbaar is dit regtig nie so erg as Christen bloed vloei nie. Maar o wee, as Moslems sterf is dit `n globale krisis!! Wanneer so iets gebeur soos in NZ is daar ALTYD wraak-reaksie teenoor Christene in lande soos Pakistan, Afghanistan en Irak. Christene word uit hulle huise gesleep in villages en verbrand of opgekap. Rerig hoor, dis nie `n versinsel nie. Maar nuh-uh, nie `n enkel traan vir hulle nie, o nee, geen publieke uitroep van onreg daaroor nie! My hemel, dis mos nie reg nie? Albei moet mos met dieselfde walging bejeen word, dan nie? Ek verstom my oor die dubbele standaarde en dat min dit raaksien.

Ai ai tog ·

Die hele wereld word net oor siek. Hoe doen mens dit man hoe doen mens dit?…….

Kolle ·

Jesus verskyn persoonlik aan duisende Muslims en hulle bekeer op die plek en volg Hom. Gebed vir hierdie ouens is ook soos masjiengewere in die gees realm, effektief en draai ander gelowe tot Christenskap. Pleks het die radikale skieters dit eers probeer. Vir die res wat net begaan is oor maer polisie offisiere, hier is geliefdes dood.

Maljan ·

Beteken die woord masjid nie alreeds moskee nie? Ek het Indiers nog nooit hoor praat van n moskee nie.

johny strecker ·

3 de wereld oorlog wink dit is erger .Ons gaan Veg vir kos en water wat in die skaarste vorm gaan wees .Te veel mense op aarde wat net wil eet en nie wil werk vir hulle kos nie .En mense gaan altyd veg vir hulle geloof .Duiwel teen GOD se kinders onafwendbaar en dit moet plaasvind.REGVERDIGES TEEN ONREGVERDIGERS AND THE WARS IS ALREADY IN PROGRESS AND INTENSIFY ON A DAILY BASIS .GOD AND HIS PEOPLE AGAINST THE DEVIL AND HIS FOLLOWERS

Michael ·

Kolla ek het famielie en vriende in N Z en hulle behandel suid afrikanrs baie goed en hulle is nie windgat nie net baie beskaaf.

waarheid ·

Johny jy is 100% reg.
Dit is reeds aan die gebeur en gaan nog erger word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.