Talle dood ná vuurwerk-ontploffing

Brandbestryders en reddingswerkers soek deur die puin. Foto; AP Photo/Eduardo Verdugo

Brandbestryders en reddingswerkers soek deur die puin. Foto; AP Photo/Eduardo Verdugo

Minstens 29 mense is dood en meer as 70 beseer ná ʼn ontploffing by ʼn mark in Mexiko waar vuurwerk verkoop word.

Volgens die goewerneur van dié land is 26 mense op die toneel dood en het drie mense later in hospitale aan hul beserings beswyk. Daar was glo soveel as 2 000 mense by die San Pablito-vuurwerkmark in Tultepec toe die ontploffing plaasgevind het. Die ontploffing het ook tot ʼn groot brand gelei.

Dit is die derde ontploffing by die mark sedert 2005. Volgens berigte is huise naby die mark ook beskadig en is ʼn gebou naby die mark ontruim.

Die ontploffing het glo in een van die stalletjies plaasgevind voordat die brand vinnig na die ander stalletjies versprei het. Daar is meer as 300 stalletjies by die mark.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Elsabe ·

Ek wens al hierdie vuurwerke winkels wil afbrand. Die arme diere!!!!!!!!!!

Johannes ·

Ek stem saam ek het twee honde en ek kry hulle so jammer wanneer mense die klappers skiet.

Meraai ·

Ek stem! Ek haat vuurwerke. Arme diere. Verstaan nie hoe duisende rande sommer net so binne sekondes weggeskiet word nie.

gelden ·

ek wens weer al die honde kan vrek wat mense onnodig uit die slaap hou met hulle geblaf 24\7 jaar in jaar uit

charmaine ·

Ek stem saam Elsabe. En dis nou al die 3de keer wat so iets die mark tref, leed die mense nie hulle les nie? GELDGIERIGHEID!

Kellies ·

Ek wil net weet. As almal nou die vuurwerke veroordeel en nie die hanteerders nie, dan moet al die alkohol fabrieke en sigaret Fabrieke ook seker onder dieselfde kam geskeer word. So ook die motor vervaardigers wat motors maak wat vinniger as 120 Km/h kan ry? Vra maar net.

Tinus ·

Sver ek weet is Mexico ‘n staat op sy eie en nie ‘n deelstaat van die VSA nie.

Amerikaner ·

Stem, Mexico is nie n Amerikaanse deelstaat nie, dit is n land op sy eie

Sune van Heerden ·

Dagsê Amerikaner

Ons vra groot om verskoning vir dié blaps. Dit het onverklaarbaar by die teksversorging ingesluip.
Ons het reeds die berig gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sune van Heerden ·

Dagsê Tinus

Ons vra groot om verskoning vir dié blaps. Dit het onverklaarbaar by die teksversorging ingesluip.
Ons het reeds die berig gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Griet ·

Mexiko is ‘n land op sy eie (Suid van die VSA).
New Mexico is egter ‘n deelstaat van die VSA, hoofstad Santa Fe. Geleë tussen, Arizona, Colorado, Oklahoma en Texas (Deelstate) en in die Suide, Mexiko (die land)

Chris Ws ·

Ek wens hulle wil die invoer van vuurwerke vir die publiek heeltemal staak en dit heeltemal onwettig maak om “crackers” by jou huis te skiet!Dis erg irreterent om nie van die gevaar te praat nie.

Trudie ·

My hond is doodbang vir weerlig agv vuurwerke. Geen pilletjies help nie.

The Truth Project ·

My neighbours across the street’s son is playing with a whip day in and day out. Sounds just like crackers and has the same effect on dogs and cats. I just want to go over there and whip his a… you know what!!!

Wow ·

Dit verstom my dat almal onmiddellik op hulle seepkissies spring oor die arme diere!!! Die grootste gevaar myns insiens is vir die kinders wat met die goed speel, want gewoonlik is daar nie behoorlike toesig nie.

Asjas ·

As ek gese het wat ek wou se op daardie onderwerp was ek nou gestenig. Mag mos nie onskuldige ou kindertjies verwens nie.

Seepkis ·

Waar is die kinders se ouers? As ouers toelaat dat hulle kinders alleen met vuurwerke speel – hulle mag dit in elk geval nie afvuur in beboude gebiede nie, is die ouers net so skuldig. Hulle moet sommer toegesluit word of ‘n reuse boete kry. Dan is almal veilig . kind en dier. As jy enigiets of iemand verwens wat jou NIKS gemaak het nie, sal dit na jou toe terugkom.

Sêmaarnet ·

Daar is ‘n verskil tussen ‘n vuurwerk en ‘n klapper. Die een maak net ‘n groot lawaai en jaag almal op hol en die ander een ontpop in die lug, gewoonlik in ‘n fontein van kleurespel. Mense wat genot daaruit put om klappers te skiet, het na my mening maar bitter min breinselle.

Maritha ·

Die suis gelud wat dit maak as dit in die lug opskiet en dan ontplof is net so skrikwekkend vir diere as klappers en dit rig net soveel skade aan as jy dit nie versigtig is nie. Verder word klappers as vuurwerk geklasifiseer

Verban dit ·

Niemand wil luister nie! Hou op om vuurwerke te maak en te verkoop! Baie mense en diere lewens is al daardeur geneem! En ja ek gee om vir diere want hulle kan nie na hulleself kyk nie! Ouers moet na hulle kinders kyk maar verwilderde diere spring deur glasdeure..sit op pallisades en in heinings vas en almal voel ‘n veer! ALL LIVES MATTER! As julle niks vir diere voel nie, hoe voel julle nou oor die ontploffing!? You live by the sword!!

elize ·

AI WEER ‘N BEWYS DAT VUURWERKE WêRELD WYD VERBAN MOET WORD.RIP

Spikkel ·

Die wêreld kan klaarkom sonder vuurwerke. Verbied en verban dit in geheel wêreldwyd. Dis geld mors.

henk ·

Hierdie mense was duidelik nie opgelei om met hierdie gevaarlike speelgoed te speel nie. Dit is die grootste euwel wat daar is. Beteken niks vir my nie – net ‘n klomp geraas en gevaarlik vir almal – mens en dier.

petrus ·

Dit is altyd my honnekinders (sic) maar die verdomde Yorkies van my buurvrou blaf 24/7.
Maak jou mal.Kla jy is jy die vark in die verhaal.

Chris Ws ·

Petrus ek het raad vir daai Yorkies wat so blaf.Spuit hulle ‘n slag net nat en kyk wat gebeur.Ek het ‘n hond gehad wat my wakker geblaf het as ek probeer slaap het na ‘n nagskof se werk en een oggend het ek hom goed natgespuit en van daar af was die onnodige geblaffery op ‘n end.Die jong buurvrou het my gevloek maar ek het haar gevra hoe sy dink ek geslaap moet kry en my net nie verder aan hulle gesteur nie maar die brak het maniere gekry sonder dat ek hom seer gemaak het!

Se maar net ·

Om Klappers, vuurwerke wat ookal alles te verban is so goed om te se haal drank van di rak af, onverskillige bestuurders vañ di pad af en en en – want daagliks sterf mense daarvan. Dis eenvoudig n “up hill battle” – ons bly op n plek met baie wildsplase om ons en dis skokkend om di “day after” se beseerde diere wat in drade vas gestrengel raak. Sommige mense gee net nie om nie. Kry byvoorbaat pilletjies vir julle diere.

Basson ·

Julle programmeer julle diere op so op te tree. Geeneen van my (troetel)diere het ooit enige reaksie getoon op klapper / vuurwerke ens nie.
Gooi ‘n ‘scene’ en soos kinders gaan honde daardie gedrag dan ook aanleer.

Jean ·

Dis absolute snert dat jy ‘n hond kan leer om nie bang vir vuurwerke te wees nie. Dalk eerder ‘n gehoorprobleem by baas en hond.

Bianca ·

“wens al die vuurwerk winkels wil afbrand”…. En warry oor “deelstaat”…. Sjoe, waar is jul menslikheid. Daar is MENSE dood. Dit is n tragedie.

Boom ·

Ongelukkig self opgelegde tragedie die gewees, moeilik om simpatie te he met mense wat oor jare nie na enige waarskuwings luister nie.

Maritha ·

Vuurwerke behoort geheel en al verban te word. Elke jaar word honderde diere ernstig beseer asook mense, maar die goed bly steeds vrylik beskikbaar. Ek hoop net dat hierdie ongelukkige voorval mense se oe sal laat oop gaan maar ek twyfel

tracey ·

amal kla oor die vuurwerke maar as dit geskiet word op nuwe jaar dan wil julle amal gaan kyk. sit julle honde vir daai rukie in die huis en geniet die mooi daar van… en as julle dit self wil skiet wees versigtig en kyk na jou kinders. kindertjies geniet ook om die mooi kleur te sien van n vuurwerk wat geskiet word. as jy weet jou hond is bang hou hom in die huis tydens nuwe jaar . o en sit die vuurwerke waar die kinders dit nie kan kry nie dink die probleem kom daar by onverantwoordelike ouers

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.