Talle dood toe bus in skare inploeg ná ‘tref en trap’

'n Foto van die bus (Foto: Skermskoot/YouTube/ETV Andhra Pradesh)

‘n Foto van die bus (Foto: Skermskoot/YouTube/ETV Andhra Pradesh)

Minstens 38 mense is dood en nagenoeg 13 beseer nadat ʼn bus Sondagoggend in ʼn skare in Haiti ingeploeg het.

Die bus, wat besit word deur die Blue Sky Logistics-maatskappy, was glo van Cap Haïtien in die noordelike voorstede van Haiti na die hoofstad Port Au Prince op pad toe die voorval plaasgevind het.

Volgens die polisie het die bus glo minute vroeër twee voetgangers in Gonaives getref en van die toneel af weggejaag.

Die bestuurder het etlike kilometers verder gery voor hy in ʼn skare van feesgangers ingeploeg het. Die man het eers in ʼn groep musikante ingeploeg, voor hy dit ʼn tweede en derde keer herhaal het.

Volgens die owerhede was talle mense onder die bus vasgevang toe dit uiteindelik tot stilstand gekom het.

“Die oorskot van mense se liggame het op die pad gelê. Daar was net bloed oral,” het die polisie aan CNN gesê. “Jy kon hoor hoe mense huil en smeek om hulp, maar mens kon nie sien wie lewe en wie nie.”

Die bestuurder het te voet van die toneel gevlug en word steeds gesoek.

Bron: CNN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann ·

Die bose loop rond tussen ons en verwoes op elke moontlike manier, saai stukkend en hartseer en verwarring. Vader, verlos ons van die aanslag en behoede ons van versoeking om moed op te gee en in vrees te lewe.

Etienne van Niekerk ·

Hoe is dit moontlik dat een persoon so onmemslik kan wees?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.