Talle jonges glo by nagklubs met ‘naalde aangeval’

Foto ter illustrasie. (Argieffoto)

Twee mans van onderskeidelik 18 en 19 jaar oud is Vrydag deur die polisie in hegtenis geneem onder verdenking van sameswering om mense met ʼn skadelike of giftige middel, en wel met kwaadwillige opset, in te spuit.

Die mans word daarvan verdink dat hulle talle jong mense, hoofsaaklik studente, by nagklubs in die Nottinghamshire-omgewing met behulp van naalde ingespuit het.

Minstens 15 vroue en mans, hoofsaaklik studente, het oor die afgelope paar dae klagte in dié verband by die polisie ingedien, hoewel 32 klagte sedert verlede maand ontvang is.

Die slagoffers glo hulle is met ʼn onbekende dwelmmiddel ingespuit terwyl hulle nagklubs of kroeë besoek het.

Twee vrouestudente van die Universiteit van Nottingham het aan Britse media bevestig dat hulle steekplekke en kneusing op hul vel opgemerk het.

Xara Owen, ʼn eerstejaarstudent, sê sy het ná ʼn aand uit verward en met ʼn swak geheue wakker geword en ʼn steekplek op haar been gesien.

Sarah Buckle, ʼn tweedejaarstudent, vertel sy het by ʼn nagklub ineengestort waarna haar vriende haar hospitaal toe geneem het. By nadere ondersoek het dokters ʼn donker kneusmerk op haar hand gevind waar sy waarskynlik ingespuit is.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sarel ·

Alhoewel laaste tyd stil, of word stil gehou, nie vreemd nie.
In SA was die Vigs virus so versprei..
Nou moet die besoekers aan Klubs maar lig loop.
Iemand lees hier en kry idee om te ” copy”

MakersMark ·

Net ‘n paar individue wat die CV19 inentings syfers wou aanhelp….

Mercia ·

Dit is juis hoekom daar so hard geveg word vir die instandhouding van ‘n individue se reg tot vrye keuse. Wanneer jy toelaat dat ‘n sekere groep besluit wat presies die “beste” is vir die “breë gemeenskap” moet jy bereid wees om verder langs die pad ook in te val ongeag of dit blyk om nie meer in belang van jou welstand te wees nie. Gaan kyk gerus die nuwe onthullings oor hoe Pfizer regerings afpers vir die verspreiding van hulle “vaksine” Waar regerings-instansies en bates as sekuriteit gegee word vir enige uitstaande skuld aan Pfizer en waar regerings Pfizer totaal vryskeld van enige newe-effekte blaam of eise. Dit raak dan al hoe moeiliker om te probeer om hierdie vaksine vervaardigers te verdedig onder die voorwendsel dat ” hulle vaksines vervaardig en versprei uit die goedheid van hulle harte en hulle diepe besorgdheid oor die welstand van mense”
Dit gaan oor geld en mag…..plain and simple.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.