Twee mans van onderskeidelik 18 en 19 jaar oud is Vrydag deur die polisie in hegtenis geneem onder verdenking van sameswering om mense met ʼn skadelike of giftige middel, en wel met kwaadwillige opset, in te spuit.
Die mans word daarvan verdink dat hulle talle jong mense, hoofsaaklik studente, by nagklubs in die Nottinghamshire-omgewing met behulp van naalde ingespuit het.
Minstens 15 vroue en mans, hoofsaaklik studente, het oor die afgelope paar dae klagte in dié verband by die polisie ingedien, hoewel 32 klagte sedert verlede maand ontvang is.
Die slagoffers glo hulle is met ʼn onbekende dwelmmiddel ingespuit terwyl hulle nagklubs of kroeë besoek het.
Twee vrouestudente van die Universiteit van Nottingham het aan Britse media bevestig dat hulle steekplekke en kneusing op hul vel opgemerk het.
Xara Owen, ʼn eerstejaarstudent, sê sy het ná ʼn aand uit verward en met ʼn swak geheue wakker geword en ʼn steekplek op haar been gesien.
Sarah Buckle, ʼn tweedejaarstudent, vertel sy het by ʼn nagklub ineengestort waarna haar vriende haar hospitaal toe geneem het. By nadere ondersoek het dokters ʼn donker kneusmerk op haar hand gevind waar sy waarskynlik ingespuit is.
Die ondersoek duur voort.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Die Mens, van Vandag se tyd is werklik “SIEK” !!
Die hele wereld om ons is met mens en al siek
Kan nie verstaan wat hulle daardeur wou bereik nie.
Alhoewel laaste tyd stil, of word stil gehou, nie vreemd nie.
In SA was die Vigs virus so versprei..
Nou moet die besoekers aan Klubs maar lig loop.
Iemand lees hier en kry idee om te ” copy”
Net ‘n paar individue wat die CV19 inentings syfers wou aanhelp….