Talle onnies geskors oor lollery met leerders

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die Keniaanse Teachers Service Commission (TSC) het Woensdag bevestig dat altesaam 71 onderwysers, almal mans, van dié land vir wangedrag uit die onderwys geskors is.

Dié nuus volg nadat 40 onderwysers van Kenia vroeër in Januarie ook die trekpas gegee is.

Luidens die Keniaanse nuuswebwerf Nation word die meeste geskorste onderwysers van seksuele verhoudings met hul studente beskuldig. Daar is ook talle klagtes van onderwysers wat nie hul pligte nakom nie, nalatigheid en diensweiering.

Volgens Nancy Macharia, uitvoerende beampte van die TSC, mag al die geskorste onderwysers nooit weer in die onderwys werk nie, behalwe as die kommissie ʼn spesiale aanbeveling maak.

Macharia sê al die onderwysers se skorsings tree onmiddellik in werking.

Die TSC hoor maandeliks ʼn gemiddeld van 110 sake aan.

Dit is nie die eerste keer dat die skorsing van ʼn groep onderwysers die media laat gons nie. In 2016 is 22 onderwysers geskors wat seksuele verhoudings met studente aangeknoop het. In 2015 is altesaam 126 onderwysers om verskeie redes, waaronder ook wangedrag en seksuele verhoudings met studente, die trekpas gegee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Paul ·

O goeiste genade, dan het Cyril nou met sy veldtog oorsee om beleggings na SA te lok vergeet om hierdie aan die mense oor te dra. Maar nee, ons het mos ‘n goeie storie te vertel.

Lollery ·

AG wat de hel . die blankes lieg mos oor alles .. so gebeur dit ook in SA skole maar daar word nie teen die onderwysers opgetree nie, ten minste het KENIA iets gedoen .. . ek kry niemand meer jammer nie . in SA het die ANC afrikaanse skole met dissipline en reels, alle waardes oorboord gaan gooi met hulle demands en waardes en nuwe kultuur en taal , die blankes gaan maar tuisskoolonderrig moet doen sodat die onnies verder met die leerders kan lol .. AS jy ‘ n onderwyser in een van die’local’ skole is mag jy maar LOL met kinders sonder enige noemenswaardige straf, maar as jy ‘n wit onderwyser in die skool is en die K woord se SAL jy baie swaar gestraf word . die lollery is sommer maar net iets wat weer verbygaan.

Oom Kalahari ·

Die Kenianse Onderwysers pas seker maar die seksuele skoolvak fisies toe, want hul verstaan seker as jy dit teoreties oordra dan moet die praktiese deel ook gevorm word om te kan bewys dit is werkbaar.
Daar is ‘n tekort aan Onderwysers in SA en dalk moet die praktiserende Onderwysers kom uithelp in SA skole vir bevordering van nasie bou en samewerking. In verskillende beroepe word hierdie aksies al toegepas. Dissipline,respek en Godsdiens bestaan nie meer nie.

Gerrit ·

Gaan maar net so in sa skole as mens dit nog skole kan noem want vir party is die skool gratis maar dit is alles verniet. ??

Boet ·

Respek , disipline en goeie opvoeding is nodig om hierdie stop te sit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.