Talle ontstoke oor Trump se diere-uitlating

2016 Election Trump

Pres Donald Trump Foto: AP Photo/John Locher

Pres. Donald Trump van die VSA het homself weer erge kritiek op die hals gehaal met ʼn omstrede uitlating oor onwettige immigrante.

Trump het Donderdag tydens ʼn gesprek in die Withuis na onwettige immigrante as “diere” verwys, ʼn stelling wat kritici meen ʼn bewys is van Trump se totale gebrek aan begrip en simpatie vir die lot van immigrante en vlugtelinge wat die VSA onwettig binnekom.

The New York Times berig die Amerikaanse president het die omstrede uitlating gemaak tydens ʼn gesprek tussen politieke leiers, wetstoepassers van Kalifornië en administrasielede in die Withuis. Trump het weer eens uitgevaar teen die land se immigrasiewette, wat hy as “die domste immigrasiewette ter wêreld” bestempel het.

Daar is tydens die gesprek na MS-13 verwys, ʼn internasionale misdaadbende wat meestal uit burgers van El Salvador, Honduras en Guatemala bestaan. Die bende is in die vroeë 1980’s deur immigrante in Los Angeles gevorm.

Trump het sy administrasie aangespoor om baie meer te doen om onwettige immigrante uit die land te hou.

“Ons het mense wat in die land inkom, of probeer om in die land in te kom. Ons keer baie van hulle,” het Trump gesê. “Julle sal nie glo hoe sleg hierdie mense is nie. Hierdie is nie mense nie, hulle is diere, en ons is besig om hulle uit hierdie land uit te kry op ʼn vlak en teen ʼn spoed wat nog nooit vantevore gesien is nie.”

Sosiale media was Donderdag aan die gons met talle wat Trump veroordeel het vir dié stelling. Ana Navarro, ʼn politieke kommentator, het op Twitter gesê Trump bevind hom “in baie slegte geselskap”. “Nazi’s het na Jode as ‘rotte’ verwys. Slawe-eienaars het slawe as sub-menslike diere gesien,” het sy getwiet.

Mikel Jollett, Amerikaanse musikant en skrywer, het op Twitter gesê immigrante dra op grootskaal tot die ekonomie by. “Trump noem hulle diere want hy is ʼn rassis. Daar is geen ander rede nie.” Die Amerikaanse akteur, George Takei, het ook na Trump gekap. “Daar het julle dit. Wat agter Trump se aaklige agenda lê is dieselfde onmenslike mentaliteit wat aanleiding gee tot oorlog en volksmoord,” het hy getwiet.

Donald Trump jr. was egter vinnig om sy pa op Twitter te verdedig en het gesê Trump het spesifiek na MS-13 verwys. “Hy het spesifiek oor MS-13 gepraat en julle weet dit. Hulle is diere,” het Trump jr. getwiet.

Trump is al bekend vir sy omstrede uitlatings en word gereeld op sosiale media geroskam oor die goed wat hy kwytraak. In Januarie vanjaar het ʼn hy storm in die media ontketen nadat hy gesê het mense van “sh*thole”-lande moet nie toegelaat word om die VSA binne te gaan nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

jakes ·

Ek haal my hoed af vir Donald Trump. Hy se n ding soos dit is en is nie skynheilig nie. Sy uitlating moet gesien word in die konteks waarin hy dit gese het. As SA beter instromingsbeheer by sy grense toepas sal die misdaad statistiek dalk beter vertoon. Sy stelling kan sekerlik ook van toepassing wees op sekere ongure karakters in SA.

christa ·

ek stem saam met Trump oor die buitelanders wat net instroom. Daar moet werk geskep word om jou eie landsmense van werk te voorsien, maar buitelanders sit in die poste. Ek stem egter nie saam met die “diere” uitdrukking nie want my diere is my kinders. Maar hoekom daarop hammer, almal ken teen die tyd vir Trump met sy uitlatings. Luister eerder waaroor dit gaan.

mrPres. ·

Wel, tot dusver is hy nog elke keer, oor en oor regbewys! pres.Trump, my president!

kobus ·

Ek hou baie van jou Trump.ek sal daarvan gehou het as jy suid afrika se nr1 was.waar so Juluis gewees het.

Jane ·

Waar sou Malema wees ?? IN die tronk vir 30 jaar vir terrorisme, haatspraak, aanhitsing tot geweld, poging tot moord, diskriminasie, rassisme ens.

bgj van der westhuizen ·

los die man uit hy is net besig om sy land skoon te maak van mense wat sy burgers se werk kom af vat

honourable member ·

Hierdie land kort iemand soos Trump om orde te herstel.

marous ·

Enige land se welvaart en ordelike bestaan hang af van die beskerming van sy regmatige inwoners se regte . Die toekenning van regte aan diegene wat geen verdienste het nie is niks anders as opgeblaasde leuens om onstabiliteit in sulke lande te bewerkstellig . Gaan vra vir die Chinese hoeveel onwettige immigrante woon by hulle.

Elle ·

Trump se vrou was dan immers ‘n immigrant.
Hy beledig haar dus ook!

Marti ·

Trump het na MS- 13, ‘n bende wat hulle gedra soos diere verwys. Hy het nie van sy vrou gepraat nie!

Jessica ·

Trump is puik ja ek stem. Maar hoekom dan nie vrou van VSA trou? Immigrant bly n immI grant.

jaco ·

Trump se vrou het aansoek gedoen om in Amerika in te kom. Sy het dus die wettige kanale gevolg; nie as toeris of “student” ingekom en na verstryking van die visum maar net gebly en gebly en gebly nie.

magda ·

Hier word gepraat van ONWETTIGE immigrante nie die skelm immigrante wat nie regmatig geimmigreer het nie – lees die artikel.

Valerie ·

Magda, jy is reg; Trump is reg. Hy het uitsluitlik verwys na onwettige immigrante/wilde moordenaar bendes/misdadigers wat ons weet erger as diere kan wees, of die nou blank of piesanggeel is. Hoekom lees mense nie die artikels behoorlik nie?

humor ·

Die libs is maar konstand op die uitkyk om vliee te vang terwille van n skrale wenpunt en tog gaan Trump van krag tot krag. Sy imigrasiebeleid sal iewers in die toekoms waardeer word as n geweldige bate vir die VSA.

Alida ·

Donald weet niks hy hoef net n sokkerwedstryd in SA by te woon en sien hoe trap mense mekaar.

RN ·

Ons het dieselfde probleem in SA, die verskil is net hier word hulle as hero’s ontvang en dan sommer burgerskap kry solank hy vir die regte party gaan stem

André ·

Gelukkig bly hy nie in S.A. nie, anders het hy nou probleme gehad!

Hanna Hoekom ·

Hierdie gewetenlose misdadigers in SA wat babas verkrag en oumense martel, is beslis nie die naam “mens” werd nie. Die onwettige immigrante vanuit Nigirie wat hul euwels hier kom uitvoer, is na my mening ook nie die naam ” mens” werd nie. Trump is nie net dier-baar nie, maar ook baie reg!

Cherokee ·

Hanna, hoekom dink soveel mense alle insypelaars is vanuit Nigerië? Suid Afrika is multikultureel, veelrassig, veelvolkig met mense van alle lande in Afrika. Kongolese en Ethiopiërs is dalk selfs meer. Nie slegs Nigerië nie maar ook vanuit Liberië, vanuit die ivoorkus, Uganda en die res van Afrika. Die nasionaliteite wat ek hier noem is almal van mense wat ek by die naam ken.

schalk ·

Trump is onder duims wees versigtig om hom te steun onthou amerika het baie geraamtes, 9/11 is maar een onthou hy is pion van Rotchilds met hul sespunt ster ondersoek self.Pasop vir die skaduwee van Amerika. Wat se wapentuig land nou In Botswana. ONDERSOEK SELF.

Willie ·

Hy is nie skynheilig nie, en prober nie agterbaks polities reg te wees nie

Diertjie ·

WEL ongelukkig kan julle nie TRUMP kwalik neem nie. Die mense gedra hulle soos diere. IN SA sou hy dalk 3 jaar tronkstraf gekry het vir die uitlating, maar ek hoop in die USA sorteer hulle die dinge op ‘n ander manier uit .. ROER HULLE . .skop hulle uit die land uit en BOU DAAI MUUR. Hier by ons mag jy geen dier se naam noem nie dan gaan skop hulle al die poppe om by die winkels …

Helena ·

Julle het na die fake nuus kommentaar geluister Pres Trump het nie gese immigrante is diere nie

Hulle het ‘n baie gevaarlike bende in Amerika MS15 wat almal immigrante is wat mens oud en jonk vermoor maar nie net skiet en klaar kry nie, hulle ontvoer bv ‘n 13 jarige meisie gangrape haar en slaar haar 28 keer met ‘n bofbalbat dit is diere asseblief mense kry julle feite agtermekaar voordat julle die fake nuus versprei daar is baie videos op youtube oor wat aan die gebeur is in Amerika, CNN en MNS?? vertel nie die waarheid FAKE NEWS maar as julle na FOX NEWS kyk sal julle hoor dat alles wat op die ander nuuskanale as die waarheid verkondig word verkeerd bewys is op FOX NEWS
Maroela julle kan herus julle feite by FOX NEWS kry dan sal die mense in Suid Afrika ook beter weet wat werklik aangaan
Het julle geweet dat Hillary en haar 2de in bevel ‘n jong meisie se gesigvel stadig afgesny het en dit terwyl sy nog gelewe het en dan die vel op hul eie gesigte gesit het daarna het hulle haar doodgemaak en haar bloed gedrink
Ja daar is ‘n video aan die FBI gestuur maar omdat hulle Anti Trump is, is die video teruggehou en is op die dark web beskikbaar vir die van julle wat weet hoe om in die donkerstes van die donker web in te kom
Maak asseblief ‘n regstelling op jul berig

Niklaas ·

Pres Trump is vreesloos en sê dinge wat waar is. Vreemd dat nie almal gek is oor hom in VSA en Europa. Hy glo vas dat sy amps termyn nie n gewildheids kompetisie is nie en dat nie almal tevrede gehou kan word nie.Hy sal weer herkies word , glo ek , al is die media voortdurend besig met n hekse jag teen hom. Hy voel vere……!

Koos B ·

Moet se ek hou van Trump maar nie die feit dat hy diere beledig nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.