Talle skilpaaie vrek ná vergiftiging

Argieffoto van die Lissemys punctata-skilpad (Foto: Harikrishnan S, eie werk via Wikimedia Commons)

Talle skilpaaie het in ʼn meer naby Mumbai in Indië gevrek nadat hulle vermoedelik doelbewus vergiftig is, het natuurbewaringskenners Sondag aan AFP gesê.

Bewaringswerkers is in kennis gestel van die voorval ná ʼn plaaslike politikus hulle versoek het om ondersoek in te stel oor ʼn onaangename reuk naby die water in Kalyan, sowat 50 km oos van Indië se vermaaklikheidshoofstad.

Suhas Pawar van die bewaringsgroep sê 57 Lissemys punctata-skilpaaie het gevrek. Ses is gered.

Hy het aan AFP gesê inwoners het waarskynlik die skilpaaie doodgemaak om te verhoed dat hulle die vis vreet wat hulle onwettig in die meer teel.

“Alles word ondersoek. Nadoodse ondersoeke en wetenskaplike analise sal die presiese oorsaak van die vrektes onthul,” het Pawar bygevoeg.

Volgens hom het Covid-19-beperkings die afgelope twee jaar waarskynlik gelei tot ʼn toename in die plaaslike skilpadbevolking. “Beperkings op menslike aktiwiteit verhoog waarskynlik die visgetalle en dié skilpaaie vermeerder omdat hulle die visse vreet. Dit het sommige inwoners ontstoke gelaat.”

Die Lissemys punctata-skilpad is nie seldsaam nie, maar is ʼn beskermde spesie onder die Wet op Natuurbeskerming.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tienie ·

‘n Redelose dier wat niemand sal skade aandoen nie.

Die wêreld is kronies siek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.