Talle sterf in aanval op universiteit

bacha-khan-universiteitMinstens 20 mense is dood nadat ’n groep gewapende mans ’n universiteit in Charsadda in Pakistan binnegeval het.

Die universiteit het ’n gedenkgeleentheid vir die stigter van die instelling, wyle Bacha Khan, gehou toe die aanval begin het. Benewens 3 000 studente was daar ook 600 besoekers op die Bacha Khan-universiteit se kampus vir dié geleentheid.

Volgens die jongste inligting is vier van die aanvallers ook doodgeskiet. Die gevegte het sowat vier uur geduur hoewel die jongste berigte daarop dui dat die gevegte intussen beëindig is. Volgens die universiteitsowerhede het die aanvallers in digte mis naby die manskoshuise die kampus binnegekom. Die aanvallers het glo lukraak begin skiet.

Die dodetal sal na verwagting nog styg, en ʼn finale dodetal van tot 50 word verwag. Sowat 50 mense is beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.