Talle sterf in massaskietery in kroeg

Kroeggangers vertroos mekaar ná die skietery waarin 12 mense dood is. Foto: ANA

Minstens 12 mense, onder wie ʼn polisiebeampte, is dood in ʼn skietvoorval in ʼn countrymusiek-kroeg in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië.

Die skietery in Thousand Oaks, sowat 65 km wes van Los Angeles, het om 23:20 plaaslike tyd Woensdagaand begin, berig die BBC.

Luidens berigte was daar minstens 200 mense in die Borderline Bar & Grill, wat ʼn studenteaand ten tyde van die skietery aangebied het.

Volgens polisiebeamptes is die verdagte, wat nog nie geïdentifiseer is nie, dood in die kroeg aangetref. Die motief vir die aanval is ook nie bekend nie.

Ooggetuies sê die aanvaller, geklee in swart en met ʼn bril op, het die dansbaan betree en willekeurig begin skiet op mense wat besig was om te lyndans, blykbaar met ʼn semi-outomatiese handgeweer, berig CNN.

Sers. Ron Helus van die Ventura-polisieafdeling het die kroeg eerste binnegegaan en is begroet met geweervuur van die verdagte. Helus is meermale raakgeskiet en is vroeg Donderdagoggend dood in ʼn nabygeleë hospitaal, berig die Los Angeles Times.

Helus, wat al 29 jaar by die plaaslike polisieafdeling werk, was van plan om volgende jaar af te tree. Hy word oorleef deur sy seun en vrou, wat hy gebel het voor hy die kroeg binnegegaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Johan H. ·

Jammer om tehoor. Julle gaan nog baie sulke gevalle he. Donald Trump is die beste wat met julle gebeur. Julle laat mos enige ras in jul land in. Sien daar is nou 2 moslems verkies in jul democrat party.. srerkte!

Piet ·

Nonsens Johan, hoeveel immigrante was al verantwoordelik vir van hierdie massaskietery?

Cherokee ·

Nonsens Piet, dit gaan nie oor immigrante maar oor moslems.

Piet ·

Nonsens Cherokee, hoeveel moslems was al varantwoordelik vir massaskietery?

Hendrik ·

Johan H en Cherokee, die meeste van hierdie skieters is blanke mans van die werkersklas – toevallig uit die groep wat Trump se grootste ondersteuners is. Ian Long, die skieter in hierdie geval was ‘n oud-soldaat. Julle stellings getuig van julle oningeligtheid en vooroordeel.

Daan Erasmus ·

The killer was identified as 28-year-old Ian David Long, a former machine gunner and decorated combat veteran of the war in Afghanistan.
Dit is die ou. Nie ‘n Moslem ekstremis nie. Kom ons hou by die waarheid.

jaco ·

seker weer iemand van n ander geloof wat as “innocent refugee” toegelaat is in amerika en na n paar jaar moeg geword het van alles wat volgens sy geloof “sonde” is maar heel aanvaarbaar in amerika. En toe straf hy sommer self die “sondaars”, want sy geloof laat toe dat hy dit sommer self kan doen…

Piet ·

Jy praat ook nonsens, meeste van hierdie massaskietery word gepleeg deur Amerikaanse burgers, en meeste van hulle wit vêrregses.

Daan Erasmus ·

Moet nie glo wat Fox News opdis nie. Die “terroriste” kom nie in ‘n stroom uit Suid-Amerika uit nie. Dit is vêr regse Amerikaners. Tipies die tipe wat vir Trump stem.

jennefer ·

Getuigen beschrijven de verdachte als een 20-jarige man uit het Midden-Oosten met baard, die zwarte kleren droeg met een capuchon en gedeeltelijk bedekt gezicht, schrijft Sky News.

Piet ·

Jennefer, nou wat nou? Hendrik hier bo skryf dit was ń blanke man en jy sê hy is van die Midde-ooste afkomstig, julle kommentare is teenstrydig.

Ronnie ·

Die man wat verantwoordelik was vir die massamoord was ‘n Marine veteraan. Sy naam is Ian David Long. Hy is in alle waarskynlikheid nie Moslem nie en vir my lyk hy na ‘n gewone Amerikaanse blanke burger. Meer feite sal weldra bekend gemaak word

Wes ·

Ai die Amerikaners het n groot probleem. Te veel verskillende kulture.

RN ·

In SA word nog meer mee se doodgeskiet, net nie almal op een slag nie.

Hendrik ·

Wapenwetgewing in die VSA is belaglik. Agtergrondsondersoek is pateties en databasisse van mense wat nie wapens mag hê nie, word nie opdateer nie. Verder is daar geen bevoegdheidstoetsing nie. Die grootste hoeveelheid van hierdie massa-moorde word deur versteurde mense gepleeg, meeste van hulle wit, blanke mans in die werkersklas. Dis daardie groet wat ook die sterste steun aan Trump gee – daarom is hy so traag om sinvolle vuurwapenwetgewing in te stel. Die ondersteuners van die National Rifle Association is volgens my medeplig aan al hierdie massa-moorde aangesien hulle teen enige vorm van wetgewing is om verantwoordelike vuurwapeneienaarskap te bevorder. Die tyd loop uit vir vuurwapeneinaars om sinvolle wetgeging te promofeer – as hulle dit nie self doen nie, sal die verstedlikende bevolking en jongmense alle regte van hulle ontneem by die stembus.

Hendrik ·

Amerikaanse vuurwapenentosiaste sal moet wakker skrik en aandring op sinvolle wetgewing oor vuurwapenbeheer, sonie sal hulle al hulle regte verloor. Terloops, 65km Wes van LA is in die see …

janet ·

Snaaks hoe almal wat hier kla oor Moslems dit doen in ‘n taal waarvan die vroegste geskrifte in Arabiese skrif, deur Moslems, gedoen is. Maar ja, die oorgrote meerderheid van massaskieterye in die VSA is nie deur Moslems of immigrante gedoen nie. Pleks van bang wees vir desperate mense uit Honduras en Guatemala moet Amerikaners dalk bang wees vir wit, Amerikaans-gebore Christenmans, as mens so na die massaskieters kyk.

Oom Jaco ·

Geen WARE Christen man sal enigiemand skiet sonder goeie rede nie…

Waaroor gaan julle so aan ·

Dis nuus mense, uit Die VSA, wat julle Suid Afrikaners nie traak nie. Waaroor stry julle so onder mekaar. Wat maak dit saak. Dit is duidelik iemand wat nie van country musiek hou nie. Niks te doen met rasse of geloof of meneer Trump se kabinet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.