Talle sterf in Oekraïne

Foto: @Zinvor/Twitter

Foto: @Zinvor/Twitter

Minstens veertig mense is dood nadat ‘n vakbondgebou in die suidelike hawestad van die Oekraïne, Odessa, afgebrand het na pro-Russiese en anti-Russiese betogers in die stad slaags geraak het.

Die regering het meer as 130 mense in hegtenis geneem. Hoewel Odessa nie in die oorwegend Russiese verre oostelike deel van die Oekraïne geleë is nie, het dit ‘n groot Russiese bevolking.

Die onluste in Odessa kom terwyl die regering van die Oekraïne hul hande vol het om etniese Russiese seperatiste in die ooste van die Oekraïne onder die knie te kry. Hewige weerstand word ervaar, en die gevaar bestaan dat Rusland effektief enige oomblik die opstandelinge te hup kan snel. Rusland het die blaam vir die tragedie van Odessa voor die deur van die regering van die Oekraïne gelê.

Intussen het die VSA en Duitsland ‘n waarskuwing aan Rusland gerig dat die beperkte sanksies wat reeds ingestel is, na die energiesektor uitgebrei kan word as Rusland die beplande presidentsverkiesing in die Oekraïne op 25 Mei probeer ontwrig.

Bronne: Christin Science Monitor, Trouw, De Standaard

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.