Talle sterf in selfmoordbomaanvalle

Boko Haram (argieffoto) Foto: scgnews.com

Minstens 13 mense is dood en 53 beseer in twee afsonderlike selfmoordbomaanvalle by ʼn mark in Nigerië. Ooggetuies meen egter die dodetal is veel hoër.

Die plaaslike polisie in Nigerië het gesê die voorvalle het Saterdag in Biu in die Borno-staat plaasgevind.

Twee vroue het toestelle aan hul onderbaadjies gedra en dit laat afgaan terwyl noodwerkers kos aan armes uitgedeel het.

Victor Isuku, ʼn polisiewoordvoerder vir Borno, het gesê die toneel is afgesper en die beseerdes is na hospitale geneem.

Niemand het nog verantwoordelikheid vir die aanvalle aanvaar nie. Militante van Boko Haram is egter ʼn gereelde bedreiging vir die gemeenskappe in die noordoostelike gedeeltes van Nigerië. Tienduisende mense het al sedert 2009 aan die hand van Boko Haram-militante gesterf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Spook ·

Spookaanbidders – 1 so mal soos die ander. Ek is die enigste spook.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.