Talle sterf in Sjanghai-stormloop

Foto: @JulieSheats op Twitter.

Foto: @JulieSheats op Twitter.

Minstens 36 mense is dood en meer as 40 is beseer in ʼn stormloop tydens Nuwejaarsvieringe in Sjanghai, China.

Die Xinhua-nuusagentskap berig dat 25 van die oorledenes vroue tussen die ouderdomme van 16 en 36 is. Dertien mense het ernstige beserings opgedoen.

Die ongeluk het 25 minute voor middernag in Chen-Yi-plein plaasgevind. Volgens ooggetuies het mense mekaar vertrap om by koepons, wat soos dollar-note gelyk het, uit te kom. Dié koepons is glo uit nagklubs se vensters gegooi.

President Xi Jinping het beveel dat daar onmiddellik ʼn ondersoek gedoen word na die oorsaak van die stormloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.