Talle sterf in stormloop by begrafnis

Die kiste van genl.maj. Kassem Soleimani en ander wat in die lugaanval dood is, word deur die strate van Kerman, Iran, geneem. (Foto: Erfan Kouchar, Tasnim News Agency/AP)

Die dodetal ná ʼn stormloop by die begrafnis van genl.maj. Kassem Soleimani het nou tot minstens 32 gestyg. Bykans 200 mense is beseer, het Pirhossein Koulivand, hoof van Iran se mediese dienste, ʼn kort rukkie gelede aan die land se staatsuitsaaier gesê.

Die stormloop het Dinsdag in Kerman, Soleimani se tuisdorp, uitgebreek terwyl die stoet onderweg was. Die begrafnis is gevolglik vertraag.

Video’s van die stormloop wat aanlyn gedeel is, het mense gewys wat leweloos in die strate lê terwyl ander hulle skreeuende probeer help.

Die owerhede het Soleimani se begrafnis vertraag en kommer oor die enorme skare – bestaande uit derduisende mense wat vir die begrafnis opgedaag het – as rede hiervoor aangevoer.

Nagenoeg ʼn miljoen mense het opgeruk vir die diens in die Irannese hoofstad en die strate was toegepak.

Soleimani se dood het talle oproepe om vergelding teen die VSA tot gevolg gehad, asook spanning in die Midde-Ooste aansienlik verhoog.

Hossein Salami, leier van Iran se Revolusionêre Mag, het Soleimani se werk vroeër geloof en gesê as martelaar gaan hy ʼn selfs groter gevaar vir Iran se vyande inhou. “Ons gaan wraak neem,” het Salami gesê, waarna hy geantwoord is met die woorde “dood vir Israel”. Israel is ʼn jare lange streeksvyand van Iran.

Luidens ʼn berig van die semi-amptelike Tansim-nuusagentskap het Iran reeds altesaam 13 wraakplanne vir Soleimani se dood gesmee. Die berig haal Ali Shamkhani, sekretaris van Iran se opper- nasionale veiligheidsraad, aan as dat hy sê die swakste onder hulle gaan ʼn “geskiedkundige nagmerrie” vir die VSA wees. Hy wou nie verdere besonderhede verskaf nie.

Die VSA het intussen skepe op Midde-Oosterse waterweë gewaarsku teen die “moontlikheid van Irannese optrede teen Amerikaanse maritieme belange” in die streek. Die Amerikaanse Maritieme Administrasie het toenemende risikovlakke aangevoer.

Olietenkskepe is verlede jaar in mynaanvalle geteiken en die VSA het die skuld daarvoor op Iran gepak. Teheran het ontken dat hy daarvoor verantwoordelik was, hoewel hy wél beslag gelê het op olietenkskepe in die Straat van Hormuz, ʼn smal monding in die Persiese Golf waardeur tot 20% van die wêreld se ru-olie vervoer word.

Die VSA se Vyfde Vloot, wat in Bahrein gevestig is, het vroeër gesê hy is slaggereed om op enige dreigement te reageer. “Ter see of op land, ons is gereed om enige bedreigings teen ons ontplooide magte en belange te assesseer, te beantwoord en te verslaan,” het die Vyfde Vloot se woordvoerder, kmdr. Josuha Frey, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

snotklap ·

Dit was seker Trump se geheime plan om nog terroeriste van die bord af te haal. Skiet hulle leier dat hulle mekaar vertrap op sy begrafnis.

Ek weet talle van ons wonder nou of daai strategie met die anc sal werk.

Vince ·

Die “dapper” ANC “vegters” was meesters in weghardloop….hul uit hul skoene gehardloop as die eerste skoot klap.

Tienie ·

Snotklap…..Priceless.

Vince. 1985 het ek dit met my eie oë gesien.

Stebastiaan ·

Die media berig nou dat Amerika moord gepleeg het, nou wonder ek of die generaal dan nou ‘n engeltjie was en het hy nooit terreuraanvalle beplan en uitgevoer nie. Sal graag wil hê Amerika moet bietjie van sy moordveldtog te met bewyse tentoonstel, sal dan graag die kommentaar daaroor wil hoor?

TwaalfBoor ·

@Vince en Tienie
Ek het dit ook in 85 gesien. Die verskil is, die skoen is nou aan die ander voet wat die besit van arsenaal betref.

Johann Jordaan ·

Is die ou vale nie te laat begrawe volgens moslem tradisie nie?

Sakkie ·

Dit sal moeilik wees om wraak aanvalle uit te voer as jy nie meer bestaan nie

Bart ·

Beste ding wat Trump laat doen het!
Hierdie Ter was gevaarlik en ook uiters dom.
Hy het eenvoudig net te ver gegaan sonder om te dink…….
Hoop die ander ter’s neem kennis.

Andrea van Vuren ·

Trump dink op sy voete! Beste wêreldleier ooit. Leer by hom ANC!

De Villiers ·

@Andrea, die ANC het nie die insig om te leer uit foute of by ander se foute nie, of om dit wat wel werk, soos die manier hoe eerste wêreld lande met integriteit regeer, toe te pas nie. Dit het hulle al oor en oor bewys, en ploeter net voort. So, hulle sal ongelukkig nie hieruit kan leer nie.

gatgogga ·

Iran het gesoek hiervoor.
Jy kan nie ‘n leeu se stert knyp nie.

TwaalfBoor ·

Lmga!!!
Daars meer dood op sy begrafnis deur hul eie toedoen as wat Trump met ñ lugaanval gedoen het. Die dom astrandheid is “epic”.
You go Donald Trump. You’re the man.

Alfred ·

Seker hul eie afgemaai om simpatie te soek. Terreur en leuns is waarop hul staatmaak, nes plaaslike revolusionêres wat nou SA regeer en dikteer. Meesters om die wêreld te bluf en ondersteuning van linksgesindes te lok.

johan II ·

Die kommentaar hier klink maar oningelig. Iran is nie deel van die radikale moslem wêreld nie. Die man wat die VSA vermoor het, het ISIS omtrent heeltemal vernietig, iets wat die VSA nie kon (wou) doen nie.

John ·

… en nou die Ukraìne-vliegtuig wat ‘val’? Was daar dalk militère raadgewers op wat vinnig die pad wou vat en nou uitgevat is om uitpraat te keer? Baie meer is ter sprake as waarvan ons hoor. Ook by ons.

lion ·

Glo my jy vat nie Isreal en die VSA aan nie,hulle gaan nog dink hulle dreig en praat groot dan sien hulle ,hulle allies

Go Isreal en VSA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.