Talle sterf toe bussie deur voetgangers ploeg

ʼn Ambulans op die toneel waar ʼn bussie in voetgangers ingeploeg het in Toronto, Kanada (23 April 2018). Foto: Xinhua/Zou Zheng

Minstens nege mense is dood en 16 beseer nadat ʼn wit bussie Maandag in voetgangers ingeploeg het op ʼn sypaadjie in die besige sakesentrum van Toronto in Kanada.

Die voorval het omstreeks 13:30 in Yongestraat gebeur, ʼn besige sakekern van die stad se noordelike gedeelte van North York.

Sommige media berig die dodetal van die voorval staan reeds op tien, maar dit is nog nie amptelik deur owerhede bevestig nie.

Peter Yuen, die waarnemende polisiehoof in Toronto, het in ʼn nuuskonferensie gesê ʼn man is in hegtenis geneem in verband met die tragiese voorval. Yuen wou nie vrae beantwoord oor die kwessie of die voorval met terreur verband hou nie. “Bid net vir ons slagoffers,” het hy gesê.

Sunnybrook-hospitaal, ʼn traumahospitaal naby die toneel, het gesê tien slagoffers is na die hospitaal gebring. Twee is met hul aankoms daar dood verklaar, vyf was in ʼn kritieke toestand en die res het ernstige beserings opgedoen, het dr. Dan Cass, die hospitaal se uitvoerende adjunkpresident, gesê.

Nooddienste op die toneel waar ʼn bussie in voetgangers ingeploeg het in Toronto, Kanada (23 April 2018). Foto: Xinhua/Zou Zheng

Ooggetuies het die traumatiese “bloedbad” beskryf toe die bussie omstreeks 13:30 skielik van die pad af geswenk en deur die voetgangers gejaag het. Polisiebeamptes het die gebied rondom die toneel afgesper terwyl nooddienste die slagoffers te hulp gesnel het.

“[Die bussie] het net op die sypaadjie afgejaag en die mense een vir een platgery,” het Ali Shaker, ʼn ooggetuie, aan CTV News gesê. “Net so het hy soveel mense se lewe verwoes.” Die bestuurder het tussen 35 en 45 myl per uur (56 tot 72 km/h) gery en Shaker het gesien hoe ʼn babastootwaentjie deur die lug vlieg.

Nico Santa, wat in daardie stadium by ʼn nabygeleë Starbucks-koffiewinkel gesit het, het aan Global TV News gesê dit het gelyk of die bestuurder in beheer was van die voertuig. “Hy het net reguit deur alles gery en kon daarin slaag om perfek om die hoek te ry ook.”

Die toneel waar ʼn bussie in voetgangers ingeploeg het in Toronto, Kanada (23 April 2018). Foto: Xinhua/Zou Zheng

Kanadese nuuskanale het beeldmateriaal uitgesaai wat ʼn omstander met sy foon geneem het waarop daar oënskynlik gesien kan word hoe die bestuurder van die bussie deur polisiebeamptes in hegtenis geneem word.

“Die man, heeltemal in swart geklee en vermoedelik die bestuurder van die voertuig, staan langs die huurbussie wat op die sypaadjie tot stilstand gekom het. Die bussie se voorkant is beskadig. Die polisiebeamptes konfronteer die man en gee hom opdrag om homself oor te gee. Uiteindelik lê die man op die grond met sy hande geboei.”

Justin Trudeau, die Kanadese eerste minister, het in Ottawa aan joernaliste gesê “ons harte gaan uit aan almal wat geraak word” en hy monitor die situasie noukeurig.

Ralph Goodale, Kanada se minister van openbare veiligheid, het aan verslaggewers gesê polisiebeamptes uit verskeie eenhede help om die voorval te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

JM ·

Is die bestuurder van die bussie dalk afkomstig van Suid Afrika

John ·

Soveel en meer word gedoen vir uitlanders in Kanda ~ seker meer as in enige Westerse land ~ maar niks is genoeg vir mense met vreemde ideologiee nie. Sulke mense kan nooit tevrede gestel word nie. Wat ook reeds aangedui is, is dat kultuur in die breine van mense vasgele is en groot frustrasie bou op in vreemde omgewings al word paleisagtige weelde opgedis. Vroeer dae was volkekunde algemeen onderrig, maar dit is summier gestaak om die glo verontregtes te plesier. Meer en meer woede is ons voorland en die verwoede siele sal self nie weet hoekom hulle so voel nie.

Danie ·

Die bestuurder van die voertuig is: Alek Minassian, 25. Dit is al wat nog bekend is.

Werner ·

Verban dadelik alle bussies want hulle kan gebruik word om mense mee dood te maak dit is die bussie se skuld net soos dit altyd die nare vuurwapens sin is

Johannes ·

…seker maar net ‘n “vryheidsvegter” vir islam gewees. In SA sal ‘n straat na hom vernoem word.

Hoe siek het die wêreld geword…

Bailey ·

Ja in SA gaan ‘n dorp of ‘n lughawe na hom vernoem word en ‘n monument en standbeeld vir hom opgerig word op Kerkplein .. Dis mos hoe moordenaars in SA vereer en opgehemel word ..Die Oorsese lande gaan nog ‘n GROOT verrassing kry …

JAmmer ·

GAAN JULLE NOU OOK NA DIE MOORDE Op plase in SA luister? Ek voel BAIE jammer vir die mense wat in die ‘bloedbad’ in Kanada dood is maar 10 mense is beswaarlik ‘n bloedbad teen die DUISENDE witmense wat in SA vermoor word . .maar GLO KANADA ons??? OGIES OOP!! Hoeveel van hierdie immigrante laat julle in julle lande toe maar hou SUID AFRIKANERS uit . jammer maar ons is BITTER .. en ek MAG maar so voel, want ander lande sluit hulle oe vir die BLOEDBAD IN SUID AFRIKA!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.