Talle sterf toe kroeg brand

Die verwoeste gebou in Qingyang-stad in die Guangdong-provinsie in die suide van China waar ʼn brand in die vroeë oggendure ontstaan het. Foto: Xinhua via ANA

Altesaam 18 mense is dood en vyf beseer nadat ʼn brand Dinsdagoggend by ʼn kroeg in Qingyang-stad in die Guangdong-provinsie in die suide van China uitgebreek het.

Die brand het glo omstreeks 00:30 (plaaslike tyd) ontstaan en kon binne ʼn halfuur geblus word. Owerhede het verneem die brand is met opset gestig en het dadelik ʼn ondersoek van stapel gestuur.

Volgens mediaberigte het die polisie ʼn reusebeloning uitgereik vir inligting oor die ontstaan van die brand en binne ure is ʼn 32-jarige man in ʼn nabygeleë nedersetting in hegtenis geneem.

Daily Mail berig die verdagte het glo met iemand ʼn woordewisseling aangeknoop voordat hy die kroegdeur met ʼn motorfiets afgesper en die gebou aan die brand gesteek het. Die verdagte het ook brandwonde aan sy heup opgedoen.

Volgens berigte was die karaokekroeg waar die brand ontstaan het ʼn redelike klein plek met slegs een gang waar mense in en uit kon beweeg.

Die verdagte sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hanna ·

Sinneloos en absurt – waar was die dae wat ‘n vuisgeveg met ‘n klap op die rug en die deel van ‘n drankie ge-eindig het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.