Talle sterf toe motorbom ontplof

sirieMinstens 42 mense is Vrydag dood nadat ʼn motorbom in al-Bab in die noorde van Sirië ontplof het, ʼn dag nadat die Turkse rebelle beheer by die burgermag van die ekstremistiese Islamitiese Staat (IS) oorgeneem het.

Volgens die Siriese Observatory for Human Rights het die aanval in die Suesian-distrik in die noordwestelike platteland naby al-Bab plaasgevind en is plaaslike veiligheidsgeriewe geteiken. Rami Abdel-Rahman, hoof van die instansie, het gesê die dodetal kan nog verder styg.

Daar is aanvanklik berig dat 29 mense in die ontploffing dood is terwyl tientalle beseer is. Die rebelle en hul Turkse ondersteuners het volle beheer van al-Bab geneem.

“Die burgermag wat binne al-Bab was, het almal onttrek na gebiede suidoos van al-Bab,” het Abdel-Rahman gesê. Al-Bab word fyn dopgehou terwyl Turkye besluit oor sy volgende aksie binne Sirië.

Ankara het in Augustus magte oor die grens gestuur. Die Siriese regering ag die teenwoordigheid as ʼn besetting.

Meer as 400 burgers is sedert November deur Turkse bomme in al-Bab doodgemaak. Honderde rebelle en tientalle Turkse soldate is in die gevegte doodgemaak. Turkye sê hy het al honderde vegters van die Islamitiese Staat doodgemaak, maar die getalle kan nie geverifieer word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johannes van Staden ·

42 mense dood in Sirië op een dag en dit is wereld nuus ……en SA se gemiddeld vir moorde per DAG is 50 so ons is nog erger af as hulle !

eduard ·

Jip wys jou hoe min die wereld van ons dink. Ek hoop ons besef hiermee dat ons na onsself moet kyk.

Johan ·

Genade mense – sien ons nog die terminologie wat ons in die polities korrekte tyd gebruik. “Die burgermag van die islamitiese staat” – verbeel jou

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.