Talle walvisse spoel weer uit op NS-strand  

(Foto: Nieu-Seeland se departement van bewaring/ Facebook)

Talle loodswalvisse het vir die soveelste keer by die afgeleë Farewill Spit aan die boonste punt van Nieu-Seeland se Suidelike Eiland uitgespoel.

Minstens 29 van die walvisse was reeds dood toe daar op die skool van 34 walvisse afgekom is. Daar word tans na die oorblywende vyf walvisse omgesien.

“Terwyl hierdie gebeurtenis ongelukkig is, is walvisstrandings ’n natuurlike verskynsel,” het Dave Winterburn, woordvoerder van die departement van bewaring, gesê. “Die oorsaak van hierdie stranding is nie bekend nie.”

Massa-walvisstrandings is betreklik algemeen in Nieu-Seeland, veral by Farewell Spit waar daar al meer as tien massastrandings was in die afgelope 15 jaar.

Die grootste massastranding was in Februarie 2017, toe byna 700 van die soogdiere uitgespoel het en minstens 250 walvisse dood is.

Wetenskaplikes verstaan nog nie hoekom Farewill Spit soveel vrektes sien nie, maar een teorie is dat daar ’n vlak seebodem is wat met die walvisse se sonarnavigasiestelsels inmeng.

Loodswalvisse, die algemeenste walvisspesie in Nieu-Seelandse waters, is veral vatbaar vir massastrandings. Dié walvisse, wat tot ses meter lank word, word gereeld in groot getalle op strande aangetref.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Henri ·

Dis hartseer. Maar dalk is dit die naam, Farewell Spit, wat die walvisse die onder spit laat delf?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.