Tandarts het glo bekende leeu gejag

Cecil die leeu Foto: Zimparks, Facebook

Cecil die leeu Foto: Zimparks, Facebook

Dr. Walter J Palmer, ʼn tandarts van Minnesota in Amerika, is geïdentifiseer as die man wat glo $55 000 betaal het vir ʼn permit om die bekende Cecil die Leeu in Zimbabwe met ʼn pyl en boog te jag.

Die geliefde kat is glo beseer nadat hy uit die wildtuin gelok is. Die jagters het die gewonde leeu twee dae lank gevolg voordat hy uiteindelik doodgeskiet is. Sy pels is verwyder en sy kop as ʼn trofee afgekap, berig die Daily Mail.

Theo Bronkhorst, professionele jagter in Zimbabwe, en die grondeienaar Honest Ndlovu, sal na verwagting vandeesweek in die hof verskyn op aanklag van stropery.

Volgens die Zimbabwiese bewaringstaakspan (ZCTF), het die jagtog op 6 Julie begin. “Hulle het in die aand met ʼn soeklig uitgegaan en Cecil gesien,” het Johnny Rodrigues gesê. “Hulle het ʼn karkas agteraan hul voertuig gesleep om die leeu uit die park te lok.”

Volgens Rodrigues het Palmer sy pyl afgevuur, maar die leeu net gewond. Hulle het die gewonde dier 40 uur lank gevolg voor hulle hom uiteindelik doodgeskiet en sy kop afgekap het.

Zimbabwe se parke-owerheid het egter in ʼn verklaring geen verwysing gemaak na berigte dat dit ʼn ryk Amerikaner is wat Cecil met ʼn pyl en boog gejag het ná ʼn fooi van $55 000 (ongeveer R690 000) betaal is nie. “Theo Bronkhorst, ʼn professionele jagter van Bushman Safaris, staan tereg op kriminele aanklagte nadat ʼn leeu op 1 Julie 2015 op Antoinette-plaas in die Gwayi-bewaringsgebied in die Hwange-distrik doodgeskiet is,” lui die verklaring. “Die professionele jagter en grondeienaar het geen permit of kwota gehad om die jagtog te regverdig nie en is dus aanspreeklik vir die onwettig jag.”

Volgens die verklaring word Bronkhorst se seun, Zane, ook gesoek om ondervra te word, en dat die trofee met die leeu se kop gekonfiskeer is.

Emmanuel Fundira, president van die Safari Operators Association of Zimbabwe, het Cecil se afsterwe beskryf as ʼn “erge knou vir die toerisme-bedryf”.

Cecil het ʼn halsband gedra wat beteken dat hy vir navorsingsdoeleindes uitgesoek is. “Hy was baie bekend aan besoekers aan die Hwange-wildtuin wat gefassineer was deur sy swart maanhare en hulle wou altyd weet waar Cecil homself bevind,” het Fundira bygevoeg.

Cecil se spoorhalsband is glo ook verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Winston ·

Wens hulle kan meer renoster stropers vastrek. Leeus is nog nie bedreig nie

Eliza-beth ·

So Winston moet goed eers uitgejag en uitgeroei word voor mens aandag gee? Hoe belaglik! Onthou eens op ‘n tyd was renosters ook nie bedreig nie, so dis ‘n belaglike redenasie. Geen dier moet net uitgeroei word nie, ek vind ‘n dooie opgestopte diere kop teen ‘n muur of ‘n diervel met kop aan as mat op die vloer ens absoluut WALGLIK. HOE is dit mooi??

André ·

Moet nie worry nie, mense – ons ken hierdie vuilgoed, Dr. Walter James Palmer, hier in die VSA. Vandag sê omtrent die hele land hom sleg – ons het sy naam jy-weet-wat gemaak. Dis nie die eerste keer dat hy so iets doen nie. Maar dit lyk my sy pasiënte verlaat hom in hul hordes, die armsalige drommel.

EMK ·

Andre DIS goeie nuus. As mense net altyd sal saamstaan in sulke gevalle en sorg dat sulke tipes sommer bankrot raak as gevolg van hul wnadade sal mesne twee keer dink voor hul sulke goed doen.

Anita ·

André, ek is bly om te hoor sy pasiënte verlaat hom in hul hordes.

Hy voel nou seker pure “MAN”. Dat so ‘n trotse, pragtige dier afgemaai word!

Inge ·

Winston, jy weet nie waarvan jy praat nie! Moet ‘n spesie eers bedreig wees voordat ons iets daaraan doen. Mense soos jy maak my siek.

moeks ·

Hartseer storie. Weet iemand of dit waar is dat daar 6 welpies is? Ek verstaan hulle moet nou ook uitgesit word, omrede die ander leeumannetjies in die trop hulle nie gaan aanvaar nie.

Martin ·

As dit die geval van die welpies is en die was Leeu trop, se leier, sal die nuwe leier hulle beslis doodmaak.

moeks ·

Dit is waar het nou net gelees op Travel24. Hy het 5 welpies gehad.

Akram ·

genugtig dit klink erg. ek self is nie n jagter nie, maar net iets wat my opgeval het. die leeus word gejag vir trofees, so natuurlik moet die vel gestroop word. die kop word ook afgesny. die kopbeen word skoongemaak en ook uitgestal. die karkas word gelaat vir die ander wild diere om te vreet. oorlede cicel het n halsband aangehad. wel met sy maanhare glo ek dis moeilik om dit te sien. die jagter se omstredenheid kan dalk n impak he. maar om n leeu vir 40 ure te volg en dan dood teskiet, dit klink nie vars nie. die ouderdom is ook n vraag. as hy so oud was, 13 jaar, dan moes hy seker n paar battle scars oorgehou het. dis nog steeds tragies op die wyse van die jag. miskien moes meer takt gebruik word.

Eliza-beth ·

Theo Bronkhorst die kastige professionele jagter en Honest (ek VRA jou, as daar al ooit ‘n onvanpaste naam was!) Ndlovu die grondeienaar is NET so skuldig. Mense wat regtig professioneel is weet PRESIES na watter eienskappe om na op te let en nie ‘n leeu soos hierdie dood te skiet nie, ongeag of hulle die halsband kon sien of nie! Sies vir julle twee en SIES vir Yank tandarts! Mag hy aanmekaar tandpyn kry

Berhalet Beukes ·

Dis ‘n barbaarse praktyk om sulke diere te jag vir pret en plesier!

Paul ·

Om blanke boere op hul plase en blankes in die stede te vermoor is veel meer barbaars maar dit is seker nie nuuswaardig nie.

EMK ·

Ag hene tog Paul, natuurlik haal sulke dinge ALTYD die nuus! Jy kan dit mos nou nie met hierdie vergelyk nie man! Ons ALMAL is ook altyd geskok en kwaad as witmense/boere of eintlik enigemand uitgemoor word, maar dit het nou niks met hierdie te doene nie.

Hannes ·

Stem saam met al die diereliefhebbers wat kommentaar lewer. Ja, ons kan nie diere met mense vergelyk, maar ons is aangestel om te heers oor die diere en nie om hulle uit te moor vir ‘n nuttelose trofee. Dit is skokkende en hartseer nuuswaardigheid wat ons wel lees wanneer ons blankes ook onnodig en onskuldig vermoor word – en dit laat my met afgryse !

Hannes ·

Stem saam met al die diereliefhebbers wat kommentaar lewer. Ja, ons kan nie diere met mense vergelyk, maar ons is aangestel om te heers oor die diere en nie om hulle uit te moor vir ‘n nuttelose trofee. Dit is skokkende en hartseer nuuswaardigheid wat ons wel lees wanneer ons blankes ook onnodig en onskuldig vermoor word – en dit laat my met afgryse !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.