Tanzanië se geliefde Siamese tweeling sterf

Maria en Consolata Mwakikuti (Foto: Skermgreep via BBC)

Maria en Consolata Mwakikuti, ʼn Siamese tweeling wat Tanzaniërs se harte verower het, is in die ouderdom van 21 oorlede.

Aldus ʼn verklaring deur die hospitaal is die tweeling Saterdag by Iringa-streekshospitaal in die suidweste van Tanzanië oorlede. Hulle is vir hartkomplikasies behandel. Hulle is binne twee uur ná mekaar oorlede.

Pres. John Magufuli het hul afsterwe betreur en gesê hy het die tweeling vroeër ontmoet. “Dit is ʼn groot verlies,” het die president in ʼn verklaring gesê. “Toe ek hulle ʼn paar weke gelede ontmoet het, het hulle vir die land gebid en was gretig om hul land te dien.”

Die twee is in 1996 Makete in die Njombe-streek gebore. Hulle het ʼn borskas gedeel. Ná hul ouers gesterf het, het Katolieke nonne hulle grootgemaak.

Hulle het verlede jaar hul hoërskoolloopbaan voltooi en wou graag onderwysers word. Hulle het tydens onderhoude met plaaslike media gesê hulle glo tegnologie sal hulle help om hul gestremdheid te oorkom en hulle help om in ʼn klaskamer te werk. “Ons het begin leer hoe om op ʼn rekenaar te werk en ons weet dat ons, deur die rekenaar, onderwysers sal kan wees en klasse sal kan bywoon.”

Die Tanzaniese regering het vir die tweeling se universiteitsopleiding betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

SNEL ·

Sjoe, moet vreeslik gewees het toe die een sterf en die ander een dit toe weet. Dink dis erg as dit al is waaraan n mens gewoond is en jy verloor die persoon waarmee jy groot geword het. Wonder of die een wat nog 2 ure gelewe het bewus was of in n koma. Hulle het regtig die beste gemaak van hul omstandighede en so baie drome gehad. Rus in vrede.

Valerie ·

Tragies; vreeslik hartseer, maar nou kan hulle hul “Separate Ways” gaan soos Journey dit sing, met alle respek gesê.

Benita ·

Dit is baie hartseer. Dan kla ons oor so baie dinge! Rus in vrede x

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.