TB-toetse vereiste vir Britse visums

Van 2013 sal Suid-Afrikaners wat aansoek doen vir ‘n visum om die Verenigde Koninkryk te besoek, onderworpe wees aan tuberkulose (TB)-toetse.

Volgens die Britse hoë-kommissariaat in Pretoria volg dit ná die aankondiging in Meimaand dat toetse vir tuberkulose as ‘n vereiste vir sekere lande ingestel gaan word as deel van die visum-aansoek. Dit geld egter slegs vir toeriste wat ses maande lank in die land gaan vertoef, berig Beeld.

“Suid-Afrika is een van die 67 lande wat, volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie, ‘n verhoogde aantal TB-lyers toon.”

Visum-aansoekers wat ‘n visum-aansoek aanlyn voltooi het en die visumaansoekfooi voor 31 Desember betaal het, sal nie ‘n TB-toets hoef te ondergaan nie. Volgens Beeld geld die vereiste ook reisigers van Swaziland en Lesotho.

Aansoekers sal self vir die koste van die TB-toets moet betaal wat deur middel van X-straalplate van die borskas gedoen word.

Klik hier om meer te lees.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.