Teen-afsondering-betogers bots met Sydney-polisie

Duisende betogers wat teen afsonderingsregulasies gekant is, het op 24 Julie die strate van Sydney binnegevaar (Foto: Steven Saphore/AFP)

Duisende betogers teen afsonderingsregulasies het Saterdag in Australië se grootste twee stede bymekaargekom. Verskeie mense is in Sydney in hegtenis geneem ná gewelddadige onderonsies met die polisie.

ʼn Groep betogers, wat gekant is teen Sydney se maand lange tuisbly-bevel, het berede beamptes met potplante en bottels bestook.

Plaaslike media het gesê duisende betogers het in Melbourne ook die strate ingevaar ná hulle vroegmiddag buite die parlement bymekaargekom het.

Die betogers het nie maskers gedra nie en alle reëls oor nienoodsaaklike reis en openbare byeenkomste verontagsaam ná owerhede Vrydag aangedui het die afsonderingsregulasies kan tot Oktober voortduur.

Die polisie in Sydney het “hoësigbaarheid-polisiëring” van stapel gestuur in reaksie op die betoging. “Heelwat mense is reeds in hegtenis geneem,” het die polisiemag gesê.

Organiseerders het die betoging ʼn “vryheidsbeweging” genoem en inligting daaroor op sosiale media gedeel wat gereeld gebruik word om vals inligting oor entstowwe en samesweringsteorieë te versprei.

Duisende betogers wat teen afsonderingsregulasies gekant is, het op 24 Julie die strate van Sydney binnegevaar (Foto: Steven Saphore/AFP)

Deelnemers het met plakkate rondgestap met die woorde “Wake Up Australie” en “Drain the Swamp” – boodskappe wat in soortgelyke betogings elders ook gesien is.

Helikopters was oral in Sydney te sien – ʼn stad met vyf miljoen mense wat tans sukkel om ʼn uitbreking van die Delta-variant onder beheer te kry.

Soortgelyke byeenkomste word glo ook in ander stede beplan.

Die staat van New South Wales, waar Sydney die hoofstad is, het Saterdag 163 nuwe gevalle aangemeld vir ʼn totaal van sowat 2 000 nuwe gevalle in die huidige uitbreking.

Sowat die helfte van Australië se 25 miljoen bevolking is nou in verskeie stede in afsondering geplaas. Daar is toenemende woede oor die beperkings, wat gewoonlik net gedeeltelik nagekom word, en die konserwatiewe regering se versuim om voldoende entstofvoorraad te voorsien. Slegs 11% van die bevolking is ten volle ingeënt.

Stephen Jones, ʼn lid van die nasionale parlement van Sydney, het die betogers veroordeel as “selfsugtige, roekelose idiote”. “Niemand wil in afsondering wees nie. Hierdie is presies hoe jy seker maak dit duur voort.”

Die polisie het gesê hy ondersteun “vryheid van spraak en vreedsame byeenkomste”, maar vandag se betoging is “ʼn oortreding van die huidige Covid-19-gesondheidsbevel”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Krokkenoster ·

Hierdie berig is baie eensydig en maak die betogers bloot as “conspiracy theorists” uit.

Ek bly in Australie en wat die owerhede hier doen in die naam van Covid19 is ‘n absolute skande en onreg teenoor die bevolking.

Daar is maar 3 mense in Australie dood aan Covid tot dusver in 2021 !!

Pio ·

I’m a selfish, reckless idiot too!!! Go Wallabies, Go!! We all have to die, but not of hunger!!

Adriaan ·

Dit het darem so gerieflik geword om inligting en sienswyses wat van die “amptelike” verskil af te maak as vals nuus en samesweringsteorieë.

NEO ·

Tyd dat mense opstaan teen regerings wat almal wil beheer deur vrees aan te jaag.

Keelvol ·

Hoop dat jou familie nog almal leef en gesond is. Want daar’s families wat nie dieselfde kan sê nie.

Fritz ·

Hoop dat jou familie nog almal werk het. Want daar is families wat nie dieselfde kan sê nie.

Keelvol ·

Hulle huil oor hulle vryheid. Hulle sal nog meer huil as hulle geliefdes een na die ander sterf as gevolg van dié COVID. Dan Sal hulle die regering blameer.

Carina ·

Ek wonder of van ons polisie nie nou soontoe wil emigreer nie – stel jou voor – al wat jou tref is bottels en potplante…

Karina ·

Hulle moet Suid Afrika toe kom en regtig “lockdown” beleef.

pompies ·

Meeste van hulle het dan juis van hier af soontoe gevlug.

DIABLO ·

Net daar bewys dit my teorie. Geen inperking kan onnoselheid keer nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.